Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 January 20136 March 2013

Gisela Ullyatt. die eksodus van ouma martha

Martha – My Ouma, deur Marlene Dumas

 

die eksodus van ouma martha

                        

sy word uitgeloot

ses maande op ’n slag

tussen haar oorblywende kinders

 

haar enigste reisgenoot, ’n bruin koffer

wat na kamfer ruik wanneer sy die deksel oopknip:

haar slapband Bybel in kantlap toegevou

driemaal voos gelees, van Genesis

tot Openbaring, elke bladsy bros

noteer in oumens-skriffie.

 

ook reisende huisapteek: blou botteltjie kasterolie

onontbeerlik vir ’n skoon derm,

samboksalf, kurkproppe teen die rumatiek

kussingsloop bultend met traktaatjies

vir die lang pad en al sy reisigers.

 

oor haar swartkappie-jare in die kakies se kamp

rep sy geen woord. soms droom sy die doodsengel

kom salf haar deurkosyn. gee haar eersgeborene terug.

 

haar hande trek laer om haar lanferdae

twee likkewaanpootjies van dekades se inlê uitrol potskuur

stoepe opvryf werfhoenders nek omdraai en kaal pluk

van elke stinkende veer. later jare skroei sy winkelkarkasse

met ’n kers. versigtig bad sy hulle in skotteltjies water,

vryf hulle in met olie.

 

om haar kinders teen haar vas te druk is ’n luukse

wat sy nooit kon bekostig nie. sy weet steeds nie hoe nie.

 

omgehekelde sakdoekie pal in mou versteek,

borstol-hoesie voor sy na die volgende huis gekarwei word

 

skuins voor slapenstyd borsel sy haar bolla

uit tot ’n silwer vag  –  

honderd hale: Moeder se instruksie.

 

haar dae het begin opdroog

die tonneltjies van haar miershoopbrein, verkalk

die termietnes finaal uitgehol

 

die kapkar wag op haar

die mierkoningin se eksodus

deur die veld het pas begin

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d