Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 April 201323 April 2013

WA Hofmeyr-prys. Twee digbundels kop-aan-kop met ‘n prosawerk

Die W.A. Hofmeyr-prys ‘n letterkundeprys vir drama, digkuns en prosa is begin deur Nasionale Pers ter nagedagtenis van ‘n voormalige voorsitter van die maatskappy se direksie, W.A. Hofmeyr. Dit is in 1954 die eerste keer toegeken. Oorspronklik het net boeke wat uitgegee is deur Nasionale Boekhandel in aanmerking gekom, maar vanaf 1970 is dit verander na publikasies van Tafelberg-uitgewers.

Pas is die kortlys vir vanjaar se kandidate bekend gemaak en dié kortlys blyk inderdaad ‘n besonderse pluimpie vir die Afrikaanse digkuns te wees aangesien twee van die drie genomineerde publikasies digbundels is, te wete Johann de Lange vir sy bundel Vaarwel, my efeens bevelkte held (2012: Human & Rousseau) en Petra Müller vir haar bundel Om die gedagte van geel (2012: Tafelberg Uitgewers). Die derde genomineerde is die veelbekroonde Ingrid Winterbach vir haar roman Die aanspraak van lewende wesens (2012: Human & Rousseau) wat ook onlangs met die Hertzog-prys vir prosawerk bekroon is; ‘n prys wat ook vantevore aan sowel De Lange (in 2011) en Müller (in 2005) toegeken was.  

Dat daar ten opsigte van die WA Hofmeyr-prys, waarvan die prysgeld tans R35,000 beloop, egter ‘n besliste voorkeur aan prosawerke bestaan, is helaas nie te betwyfel nie. Die laaste digbundel wat met dié prys vereer is, was byvoorbeeld Breyten Breytenbach se Die windvanger in 2008, en voor hom Sheila Cussons wat driekeer bekroon is (in 1991, 1982 en 1972). Ook DJ Opperman was driekeer vereer: vir Komas uit ‘n bamboesstok in 1980, Dolosse (1966) en Blom en baaierd (1956). In 1975 was die prys aan Ernst van Heerden toegeken vir Teenstrydige liedere.  

En daarom is dit ‘n uitsonderlike prestasie vir die digkuns dat daar teen die agtergrond van dié afname in poësie-benoemings die afgelope twee dekades, twee uitsonderlike digbundels genomineer is op die kortlys van een van ons vernaamste pryse.

Ten opsigte van Vaarwel, my effens bevlekte held, het Joan Hambidge haar soos volg in haar omvattende resensie oor dié bundel uitgelaat: “Dit is ‘n bundel wat waarskynlik vergelykings sal uitlok met Die algebra van nood, die groot bekroonde bundel. Dit sal ‘n saamlees oproep soos tussen Wordende naak en Nagsweet. Dit is ‘n bundel wat besondere aanspraak maak op die leser, emosioneel en intellektueel […] Dit is ‘n fyn afgeronde bundel wat sterk aanspraak maak op sowel die emosie as intellek. Die algebra van nood word hier ‘n algebra van sekerheid.”

In haar resensie van Om die gedagte van geel, wat eweneens deur Joan Hambidge geresenseer was, open Hambidge haar oorsig met die volgende stelling: “Om die gedagte van geel is ‘n ryk geskakeerde digbundel. Die bundel is imposant en indrukwekkend in die ongelooflike kartering van ‘n jeug en die herinneringe daaraan. Die gevoelige kind word hier aangetref en die ouer, volwasse digter plaas haarself letterlik terug in die posisie van jong kind wat alles om haar registreer. Die kind is reeds digter, hoewel sy nog nie die woorde het om die primordiale gegewe te artikuleer nie. Dit is ‘n terugkyk op ‘n lewe: die posisie van die ouer digter en jong kind word één in hierdie terugkyk. Petra Müller het reeds in haar kortverhale hierdie gegewe aangespreek en nou word dit in Om die gedagte van geel poëties-sintuiglik verwoord.”

Watter enorme prestasie is dié nominasies nie en uiteraard wens ons albei digters van harte geluk daarmee.

Mag dit vanjaar die digkuns se beurt wees om met die louere weg te stap …

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Persverklaring. Internasionale meesters van poësie by Spier
Hannalie Taute. Bloubaard: vir Vadersdag →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d