Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 June 201316 June 2013

Hannalie Taute. Bloubaard: vir Vadersdag

Party mans het sagte baarde, ander harde baarde, sommige het selfs blou baarde.  My man besit geen blou haartjie, terwyl my pa, indien hy hare/baard sou had, dit blou sou wees.

Eers was daar ʼn foto nog voordat ek n gedagte was- die foto is êrens verlê tydens ons ‘groot trek’.

Toe was daar die skets (1998, 2 jaar na haar dood) in my sterfregister sketsboek.

Ek wag al soveel dae op jou;

kyk hoe maer het ek geword van verlange.

Huidiglik werk ek hieraan om vrede te maak:

“She married him anyway” embroidery on rubber/inner tube (in progress)

Dit is natuurlik geinspireer deur die foto van hul in gelukkiger dae en die skets van 1998 asook ʼn boek met die storie van bloubaard wat ʼn vriendin vir my gestuur het.

Op die internet vind ek die wonderlike artikel sien hier, oor die burg van hertog bloubaard (die artikel is geskryf deur Carina Stander en handel oor die bundel geskryf deur HJ Pieterse.)

“Alhoewel Bloubaard soms voorgestel word as die vergestalting van die donker manlike begeerte om ontslae te raak van ‘n vrou en telkens ‘n nuwe vrou te soek, is J. E. Cirlot van mening dat Bloubaard nie deur haat gedryf word nie, maar deur verlore liefde: “The secret room of Bluebeard, which he forbids his wife to enter, is his mind. The dead wives which she encounters in defying his orders are the wives whom he has once loved, that is, who are dead to his love” (1962:xlvi).

Vanuit hierdie perspektief kan geredeneer word dat Bloubaard nie ‘n drang koester om sy vrou te vermoor nie, maar eerder om homself te martel deur die herhaling van pynlike herinneringe in ‘n poging “to restore an earlier state of things” (Freud se kursief). Inderwaarheid word Bloubaard se vrou nie vermoor nie, maar pleeg sy selfmoord deur doelbewuste oorskryding van sekere grense.” (Uittreksel uit die bogenoemde artikel.)

So ʼn jaar of wat gelede vra ‘Bloubaard’ my om ʼn heildronk op hom en sy nuwe vrou tydens sy 3de huwelik seremonie in te stel.  Bloot seker omdat my boetie nie beskikbaar was.  Ek raak die volgende kwyt:

ʼn sprokie:

Eendag nie so lank gelede was daar ʼn man:

(Kom ons noem hom kruppel.)

Hy ontmoet ʼn vrou wat hom laat huppel.

(ons noem haar silwerlokkies.)

Hulle teken op ʼn stippel.

Hy belowe om elke oggend vir haar pap te maak

Wat nie haar mond verbrand.

Met hierde belofte sal sy neus hopelik nie lank groei.

Soos die derde varkie uit steen gebou,

ʼn huwelik wat vir ewig hou?

Net soos in die verhaal van skoonlief en die ondier

Is my wens ook vir jul ʼn:

“happily ever after’

Fluit fluit my storie is uit.

So vir vadersdag wil ek ʼn nuwe heildronk instel, maar met die woorde van Johann de Lange:

Heildronk

Ek eet my toast
& drink my dooswyn
& in my hart
word alles boos rein.

Bostaande gedig is hier gevind.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlies Taljard: Weer “skryfode”
Resensie: Stil punt van die aarde (Johann de Lange) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d