Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 May 20134 June 2013

Louis Esterhuizen. Komrij se huis in Portugal nou ‘n herberg vir digters

 

Na maande waartydens ek deur werksdruk en ander vreugdes onderwater gesleep is, kan ek uiteindelik darem weer kop optel en na die berge kyk. Uiteraard het bepaalde dinge agterweë gebly en is daar berigte en/of gebeurlikhede wat ek so soort van agterna sal moet byhaal; soos die berig oor Gerrit Komrij, wat verlede jaar op 5 Junie oorlede is, se huis in Portugal, “Villa Pouca”, wat voortaan as gastehuis vir die digkuns tot die beskikking van digters – of iemand wat met die digkuns gemoeid is – gestel gaan word.

Luidens die berig wat ‘n aantal weke gelede in Knack.be verskyn het, die volgende: “Komrij was bij leven en welzijn, zoals bekend, een groot promotor van de poëzie. Hij schreef niet alleen zelf gedichten maar financierde ook allerlei poëtische initiatieven: van het uitbrengen van een dichtersreeks voor debutanten (‘De Sandwichreeks’) tot het steunen  van een poëzietijdschrift (‘Awater’) en de jaarlijkse Turing Nationale Gedichtenwedstrijd, waar iedereen die een dichtregel op papier wil zetten aan kan meedoen. Uiteraard dat Komrij ook via zijn legendarische poëziebloemlezingen de dichtkunst alle eer aan deed.

Daarom besloot Charles Hofman, partner van Komrij, in  samenspraak met Suzanne Holtzer van De Bezige Bij om Huize Komrij als dichterscentrum om te functioneren. Op die manier  wordt de herinnering aan Komrij, het poëziebeest, levendig gehouden. Hofman en Holtzer vertelden Haerynck dat de subsidie-aanvragen al de deur uit zijn om dit initiatief alle kans op slagen  te geven […] Charles Hofman heeft een heel duidelijke en betrokken visie op hoe het moet worden. Hij wil niet alleen de geest en het werk van Komrij levend houden – de literaire nalatenschap is daar ook te bekijken – maar vooral ruimte bieden aan anderen die betekenis willen geven aan de poëzie.”

Nou ja, toe. Wat ‘n fantastiese gebaar …

Hieronder volg ‘n toepaslike Komrij-gedig soos dit deur Daniel Hugo vertaal is.

*

Tussendeur

 

Soos jy op die televisieskerm

Somtyds ‘n man sien wat, te midde van

‘n Karnaval of ‘n groep wat kerm,

Reguit by jou kamer inkyk, om dan

 

Vol oorgawe – hy bly mos ongesien –

Net vir ‘n oomblik te wuif. Die ellende

Of die vermaak rondom hom merk hy nie.

Wuif hy vir sy mense, vir ‘n bekende?

 

So wuif ek ook vir jou in dié gedig.

Baie vlugtig, tussen die reëls deur.

Hier’s nie ‘n skerm nie, jy’s naby my.

 

Ek wuif. Dit is regstreeks aan jou gerig.

Ek voel dit, grinnikend van oor tot oor:

G’n niemand het my gesien nie, net jy.

 

(c) Gerrit Komrij (Uit: Die elektriese gelaaide hand, 2005: Protea Boekhuis)

Vertaal deur: Daniel Hugo

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Besonderse verering vir Gerrit Komrij as boekversamelaar
Yves T’Sjoen. Lied van verlangen – Marlise Joubert in de dikke Komrij →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d