Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 June 201314 June 2013

Johann Lodewyk Marais. Dedan Kimathi

Dedan Kimathi

 

Dedan Kimathi,

seun van Waithuthi

en Waciuri wa Kabuga

is gebore in Gathuthi

in die Nyeri-distrik.

 

Dedan Kimathi

sweer met grond

in sy vuiste geklem

oor die ingewande

van ’n bokram.

 

Dedan Kimathi

kan tien myl ver

op sy maag kruip

en homself in ’n voël

of luiperd verander.

 

Dedan Kimathi,

met lang hare,

kamoefleerbaadjie

en fluweelbroek

beland in ’n strik.

 

Dedan Kimathi,

die onsigbare leier

van Mau Mau,

se maer lyk hang

aan ’n galgtou.

 

© Johann Lodewyk Marais / 2013

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Dedan Kimathi”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    18 June 2013 at 15:17

    Dankie, Neels en Ivan. Vandag is daar nog steeds meningsverskille oor of Mau Mau ’n nasionalistiese of stamrebellie was; en selfs of dit ’n betekenisvolle rol in die verkryging van Kenia se onafhanklikheid gespeel het. A.P.J. van Rensburg beweer in “Afrikaverskeidenheid” dit is sinneloos om te argumenteer of Mau-Mau ‘’n breё nasionalistiese of ’n enkele stamgebonde beweging was. Mau-Mau was albei'(p. 56). Die Mau Mau-eed het weliswaar ander stamme uitgesluit. Ook Thomas Pakenham meen in “The Scramble for Africa” ‘the origins and character of Mau-Mau are disputed’ en lê veral die klem op die Britte se diskriminasie teen die Kikuyu, wat hulle vreemdelinge in hulle eie land gemaak het, en die verlies van hulle grond (p. 677). Die opstand het uiteraard baie tot die verandering in swart mense se politieke posisie in Kenia bygedra, maar selfs ná onafhanklikheid het Keniane ’n ongemaklike verhouding met hierdie geskiedenis gehad. Tot op hede is geen monument ter herinnering aan Mau Mau opgerig nie. ’n Beeld van Dedan Kimathi is eers in 2007 op die hoek van Kimathi- en Mama Nginastraat in Nairobi onthul.

    Reply
  2. Ivan Mocke says:
    18 June 2013 at 14:08

    Wat ‘n gedig! Dankie, Johann. Ek’s mal oor die slot.

    Reply
  3. Neels Jackson says:
    18 June 2013 at 09:31

    Ek hou baie hiervan.

    Reply
  4. Johann Lodewyk Marais says:
    17 June 2013 at 11:04

    “[I]an Henderson and his crew’s most glorious moment came when they captured the famous and elusive Mau Mau guerrilla leader, Field Marshal Dedan Kimathi. The ultimate symbol of Mau Mau resistance, Kimathi was interrogated after his capture and eventually tried and hung” (Caroline Elkins, “Britain’s Gulag: The Brutal End of Empire in Kenya”, 2005, p. 54). Elkins het in 2006 die Pulitzerprys vir dié boek ontvang. Kyk ook David Njeng’ere, “Dedan Kimathi: Leader of the Mau Mau” (2003). Veldmaarskalk Kimathi het tussen 1920 en 1957 gelewe.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d