Die Chileense skrywer, Roberto Bolaño (1953 – 2003), is ongetwyfeld een van die indrukwekkendste skrywers in onlangse tye; bekend vir monumentale romans soos The Savage Detectives (1998) en 2666 (2004). Tog het hy hom sy hele lewe lank primêr as digter beskou: “The great Chilean writer Roberto Bolaño liked to argue, plausibly enough, that poetry is a higher calling than fiction. He also liked to argue, with no plausibility at all, that he was a better poet than a novelist. ‘The poetry,’ he said, ‘makes me blush less.’ Like so many writers, Bolaño (1953-2003) was an unreliable guide to his own oeuvre.” Aldus Dwight Garner in New York Times.
Goeie nuus is dat Bolaño se gedigte nou as ‘n volledige (tweetalige) versameling deur New Directions uitgegee gaan word. Laura Healy het die gedigte uit Spaans vertaal. En met ‘n dikte van 835 bladsye gaan The Unknown University omtrent ‘n formidabele publikasie wees. Volgens Garner se berig was Bolaño besig met die finale afrondingswerk aan dié manuskrip ten tye van sy hopeloos té vroeë afsterwe op 50-jarige ouderdom aan ‘n lewerkwaal.

Met bogenoemde paragraaf as aanloop, gee Garner hierna ‘n kort oorsig van die belangrikste tema’s: seks (Garner beskryf Bolaño as een van die 2oste eeu se ‘great dirty minds’), romantiek, armoede en hongersnood.
Maar Garner is ooglopend nie juis beïndruk nie. “To remark that most of the poems in The Unknown University, which have been fluently translated from the Spanish by Laura Healy, are not major work is not to remark that they are actively bad or painful to read. They are merely larval. Many are vignettes, full of play, written almost like journal entries.”
By wyse van illustrasie plaas ek enkele van die gedigte wat deur Garner aangehaal word in sy bespreking. Oordeel gerus maar self, of bestel solank die boek …
Read the old poets, my son
and you won’t regret it
Between the cobwebs and rotten wood
of ships stranded in Purgatory
that’s where they are
singing!
ridiculous and heroic!
*
Father, in the Kingdom of Heaven
that is communism,
is there a place for homosexuals?
Yes, he said.
And for impenitent masturbators?
For sex slaves?
For sex fools?
For sadomasochists, for whores, for those obsessed
with enemas,
for those who can’t take it anymore, those who really truly
can’t take it anymore?
And Cardenal said yes.
*
No one sends you letters now Under the lighthouse
at dusk Lips parted by wind
They’re making a revolution to the East A cat
sleeps in your arms
Sometimes you’re incredibly happy
© Roberto Bolaño (1953-2003)
Vertaling deur Laura Healy
Dankie, Desmond! Ek sal kyk.
Hilda, die komponis Georgy Kurtag het ‘n liedsiklus geskryf (wel, dis dalk eerder ‘n dekonstruksie van ‘n liedsiklus; ‘n baie bevreemdende luisterervaring, maar aangrypend) met toonsettings van grepe uit die Kafka-dagboeke.
Maria, inderdaad; in Derrida se geval gaan dit toenemend so word, soos wat lesings, briewe, dagboeke ens. in die toekoms gepubliseer gaan word. Derrida het eintlik min konvensionele boeke (werke wat as boeke gekonseptualiseer is) geskryf; sy oeuvre is dalk eerder ‘n soort onophoudelike teks; ‘n oeuvre wat deur die kommapunt gekenmerk word! Plaaslik(erig), op ‘n manier, kan mens Breyten Breytenbach se oeuvre ook so beskryf (waar die grens van taal en medium ook heeltyd oorgesteek word.)
Desmond, ek vind jou beskrywing van Bolano se oeuvre ook ‘n baie mooi en goeie beskrywing van Derrida se oeuvre – Derrida was natuurlik ook ‘n groot Kafka-leser.
Ek sien uit om Bolano eendag onder oë te kry, so dankie vir die bekendstelling Louis.
Ek lees op die oomblik Kafka se dagboeke. Lief hierdie! “In the afternoon while falling asleep. As though the solid skullcap encircling the insensitive cranium had moved more deeply inwards and left a part of the brain exposed to the free play of light and muscles. To awaken on a cold autumn morning full of yellowish light. To force your way through the half-shut window and while still in front of the panes, before you fall, to hover, arms extended, belly arched, legs curved backwards, like the figures on the bows of ships in old times”…
Bolano: Ek het ‘n vorige seleksie van sy gedigte in Engelse vertaling gekoop, The Romantic Dogs. Dit is wel waar dat sy gedigte nie op die peil van sy fiksie is nie (Borges het homself ook mos as digter in die eerste plek, en daarna prosaskrywer, beskou…) maar Garner se aanhalings skep die verkeerde indruk. Daar is, selfs in die veel dunner The Romantic Dogs, heelwat aangrypende verse. Wat eintlik fassinenred is, is die mate waartoe Bolano se werk ‘n soort grenslose oeuvre is; dit verontagsaam nie net die grense tussen genres nie, maar ook die grense tussen individuele werke. Karakters, situasies en obsessies spoel oor van roman na gedig, van gedig na novelle. Bolano is ‘n ‘totale skrywer’, en om hom te ervaar moet mens jou gewoon aan daardie ‘oordaad van die geskryfde’ oorgee. In hierdie opsig is hy soos Kafka: Kafka is nie bloot die skrywer van meesterstukke soos Die Metamorfose nie. Kafka is die middelpunt van ‘n geskryfde terrein waarin ‘n meesterstuk soos Die Metaformose in ‘n sekere sin nie meer of minder belangrik is as ‘n fragment uit sy dagboek nie. Ons lees nie net Kafka se Die Metamorfose nie; ons lees Die Metamorfose (en onsself!) deur ‘n soort tekstuele stroomversnelling genaamd ‘Kafka’. So ook Bolano; en dit alleen maak sy gedigte absoluut noodsaaklik.