Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 August 201311 November 2013

Wicus Luwes. Gebottelde liefde en ingelegde lewens

Die orde van die kosmos is duidelik sigbaar op vakansie-dae in die kombuis. Eier en spek vir ontbyt. ‘n Glas groot genoeg om die oop dele tussen die melkweg op te vul. Die herinnering aan ‘n onlangse studie van ‘n Harvard-departement, wat beweer dat ons nie eintlik behoort melk te drink nie, word saam met die melksnor weggevee op die agterkant van ‘n mou.

Vriende het ‘n groot pluksel vye gebring: ‘Ons het nog vyf keer soveel by die huis.’ Miskien moet dit ingelê word, maar ‘n boek in die bed voel meer soos ‘n roeping op ‘n vakansiedag.

gebottelde liefde

en ‘n ingelegte bed

‘n platgekniede kussing

en ‘n dekoratiewe gebed

Emosie speel ‘n groot rol in die maak van kos. Ek onthou ‘n fliek, Like Water For Chocolate, waar ‘n vrou se trane in die kospotte beland het. Die kos het die mense siek gemaak – hulle het op ‘n sekere vlak haar emosies geëet. Almal het ‘n voorafopgestelde idee van wat goeie en slegte kos is. Hoe beter die kos is, hoe langer hou dit jou maag vol. Party kosse kan ook langer gestoor word – vir die winter-maande. Ons yskas-geslag lê al minder kos in, gooi vrot kos weg en koop dinge wat ons vet maak en arm laat.

Kos het vermaaklikheids-waarde. Die voorbereiding, die maak en voorsit daarvan. TV-programme soos ‘Kokkedoor’ en ‘Kêrels wat kook’ is van die nuwe inkarnasies wat as beide sosiale eksperimente as kook-programme kan dien. (Miskien is dit hoekom ek daarvan gehou het.) Hierdie faset het nie ongesiens by Shakespeare verbygegaan nie:

Double, double, toil and trouble;

Fire burn, and cauldron bubble.

…

For a charm of powerful trouble,

Like a hell-broth boil and bubble.

Die geskiedenis is vol maaltye om aan te herkou. Jesus doop die brood saam met Judas in die sous as teken van verraad wat sal volg. Esau verkoop sy eersgeboortereg vir lensiesop.

Party mense eet sonder om te proe, proe sonder om te eet. Partymaal smaak die lekkerste kos sleg en opgestapelde borde kos kan die honger nie vul nie. Manna en kwartels was genoeg vir die vlugtelinge op hul suiwerings-tog. ‘n Stukkie droë brood opgedis met liefde vul meer as die maag.

Vir die mense aan die verskillende kante van ‘n sopkombuis-toonbank kry kos egter ‘n konkrete betekenis. Geen oppervlakkige simboliek, net verwerkte vleis en geblikte groente opgekook in water. Slegs brood en botter.

Botter en Brood

 

‘n skurwe stuk brood,

sag gesmeer met botter.

suiker in die piering

en die laaste druppel

in jou teelepel

 

‘n skurwe stuk aarde

waaroor die geel

son sy strale smeer

en die laaste druppel

nag oplek

 

gryp ek dan die skurwe dag

soos ‘n kind,

en hap ek na elke stuk

wat ek kan vind.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Wicus Luwes. Gebottelde liefde en ingelegde lewens”

  1. Leon Retief says:
    11 August 2013 at 15:34

    Die digters hier mag dalk belang stel in ‘n aanhaling uit Horace (?Horatius) in Pollan se boek: “No poems can please long or live that are written by water drinkers.”

    Reply
  2. Wicus Luwes says:
    10 August 2013 at 22:53

    Dit wat ek sover raak Google oor ‘Cooked’, lyk baie interessant. Sal dit op my wenslys sit. Miskien as ek dit lees, kry ek inspirasie om die gedig waarvan ek een vers hierbo neergepen het, te voltooi.

    Reply
  3. Leon Retief says:
    10 August 2013 at 14:55

    Herhinner my baie aan “Cooked” deur Michael Pollan, wat ek baie sterk kan aanbeveel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d