Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 August 2013

Andries Bezuidenhout. Een aand in die steakhouse op Kathu

Kokosneuthare uitgedun deur son en orkaan
en nou blink die dop ligroos in restaurantgloeilamp,
sy ken hoenderhaanlelle, hees gekraai,
waar hy oorkant haar die spyskaart afkeur –
karige keuse in herwinde olie gebraai.
Haar kuif ʼn kantgordyn deur menige somer geskeur,
ore ʼn plaasfoonsentrale se uitgekuierde belle,
lipstiflyne wat in mondhoekplooie verdamp.

Mý mense hierdie, sout van die aarde.

Albei kyk op as ene Abigale genotaboek aanmeld,
bestel dop en tjop well done, dressing op die kant
– morsige Afrikaans, maar tróts Afrikaans –
en as die bestelling verkeerd herhaal word, spu dit
woorde wat selfs die dronk digter by die tafel langsaan
nie in sý notaboek vir latere verwysing kan pen nie.

Mý mense hierdie, gal van die aarde.

Staal jouself vanaand, Abigale Tsohle –
die wette en die union het sy tjank getrap,
sy knaters met ʼn politieke vicegrip gegryp
en nou lê die geskiedenis swaar
op spyskaart en keuse en daai pen
wat mondhoekspoeg tot bestelling
of gedig moet meng.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Een aand in die steakhouse op Kathu”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    19 August 2013 at 12:27

    Dankie Desmond. Ook as vuishou in eie maag bedoel, met al die geykte geite.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    19 August 2013 at 10:40

    ‘n Vuishou. Dankie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d