Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 September 201317 September 2013

Petra Müller bekroon met ATKV Woordveertjie vir Poësie

Tydens die ATKV Woordveertjietoekennings wat Vrydagaand toegeken is, is Petra Müller (foto) se bundel, Om die gedagte van geel (2012: Tafelberg) as die wenner aangewys. Ander bundels wat genomineer was, was Pirouette  van Aniel Botha (Queillerie), Kry my by die gewone plek aguur van Loftus Marais (Tafelberg). Dié toekennings het ten doel om uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord te bekroon en die finaliste in die onderskeie genres is pas bekend gemaak.

Die beoordeelaars was Karen de Wet, Diana Ferrus en Danie Marais. Volgens hul commendatio slaag die digter daarin “om verskeidenheid en samehang onder die dak van een bundel saam te bring. Lesers sal die bundel geniet vir die aardsheid en onomwonde blootsheid daarvan. “

Oor die digproses het Petra Müller haar soos volg uitgelaat tydens die onderhoud wat Melanie Grobler met haar gevoer het ten tye van haar bundel se verskyning: “Ek skryf met ‘n potlood op papier omdat ‘n potlood altyd beskikbaar en gewillig is. Mens kan gewoon aaneen skryf, lig of donker en mens kan iets aflei van die hand wat dit neerskryf. Martin Versveld het alles met die hand geskryf, met ‘n potlood. Die hand probeer om die gedigte te vereenvoudig want as mens ‘n bietjie aanstap met die pad soos ek nou aanstap, as die stuk wat voorlê korter word; dit gaan nooit weer langer word nie, word jy pynlik bewus van enige iets wat oordadig is, of nie kernagtig is nie. Dis ‘n sintuig wat mens ontwikkel as jy ouer word. Dan gaan jy terug na jou ou gedigte en dan sê jy vir jouself: ‘ek kon hierdie ding baie dringender gesê het as ek dit eenvoudig gesê het.’ Ek was nie bewustelik op soek na eenvoud nie maar soos ek die gedigte bewerk, probeer ek tog om dit ‘n bietjie helderder te kry as te vore. Ek glo dat die ideale gedig is ‘n water druppel waardeur jy kan sien. Dis nie ‘n einddoel nie, dis deel van bewuswording. Die bewuswording beweeg dan deur die druppel en laat dit dan agter.”

In haar resensie oor die bekroonde bundel het Joan Hambidge die volgende waarneming gemaak: “Om hierdie bundel in al sy geledinge te takseer, was ‘n ongelooflik inspirerende ervaring. Met elke herlees, word die leser gedwing tot ‘n bestekopname oor die posisie van hierdie digterskap. Enersyds liries, andersyds ‘n sterk verhaalmatige aanslag wat die bundel stuur […] Ek het hierdie bundel in een vloed gelees – gedink hoe sou sy Die aandag van jou oë kon troef. Wel sy hét veral met die eerste drie afdelings. Dit is ‘n bundel van die hierosgamos: ‘n versoening van al die opposisies in hierdie digterlike onbewuste. ‘n Boek oor die omtes van die hart.”

‘n Welverdiende bekroning, inderdaad.

Vir jou leesplesier volg een van die gedigte hieronder.

*

Elsie

“ses maal in die moer geskop, ses maal

kleintjie gedrop  ̶  mies, sus, moos, weet nét hóé;

jy staan nog so, dan trek jy al, en waar jy val

is beter dat jy lê . . .

“en more kom hy: elsie, elsie, elsietjie; einstetyd

het jy laas nag die koekerasie in die grond begraaf,

en klip daarop gesit;

“die boere wat so oor hul landerye loop en sê

ploe hiér, saai dáár,

weet ook maar fôkkol wat in hulle grond lê;

“maar die duiwel weet, en die duiwel se bek

klap oop en toe

van als wat kom en als wat gaan,

“maar hiervan sê hy níks,

Mies Sus”

© Petra Müller (Uit: Om die gedagte van geel, 2012: Tafelberg)

Omslag

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ATKV-Woordveertjiefinaliste vir poësieprys bekend gemaak
Gisela Ullyatt. Labirinte en Minotaurusse. →

4e gedagtes oor “Petra Müller bekroon met ATKV Woordveertjie vir Poësie”

  1. Annora says:
    19 September 2013 at 01:08

    Baie geluk! Was die veertjie geel? So mooi omslag. Sal graag wil lees.

    Reply
  2. Francis says:
    16 September 2013 at 10:27

    Baie geluk Petra. Jou bundel bied ryk leesgenot.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    16 September 2013 at 09:31

    Hartlik geluk aan Petra! Dit is wonderlik om te sien hoe ons ouer digters steeds uitstekende “laatwerk” lewer soos Helize van Vuuren insigryk hieroor skryf.

    Reply
  4. Melanie Grobler says:
    14 September 2013 at 08:34

    Baie geluk met die prestasie Petra!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d