Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 September 201311 November 2013

Wicus Luwes. Vel van Woorde

“Poetry is ordinary language raised to the Nth power. Poetry is boned with ideas, nerved and blooded with emotions, all held together by the delicate, tough skin of words.”

– Paul Engle

Miskien sou Oom Oubaas van 7de Laan dit so kon verwoord: “Die vel is iets van epidermiese proporsies. Dit beskerm ons liggame teen die son en keer infeksies. Dit is ons buitenste laag, ons grens. Dit wys ons wanneer daar iets skort met ons gesondheid of wanneer ons blakend gesond is.”

Een maal tydens ‘n gesprek met ‘n Mediese Dokter uit landelike Kwa-Zulu Natal hoor ek dat sy heelparty van haar pasiënte nie eers hoef te vra waar die probleem lê nie. Sy kan sommer net die Toordokter se snytjies op die pasiënt se vel volg. My een kolega moes weer by geboorte drie klein merke op sy kinders se gesigte sny, sodat hul lewenslank bewus sou wees van hul herkoms.

Paul Engle se stelling oor ‘n woord-vel laat my dink: Ek wonder watter snytjies op ons elkeen se woorde uitgekerf is. Party is gebore met die snytjies, ander het dit deur die jare gekry. Die woord-vel definieër ons. Dit is ons moedertaal en die taal wat ons Ma’s met ons gepraat het as ‘n klein hand of voet, wat vanuit die baarmoeder teen die vel afgeëts was.

Terwyl ek nog dink oor Paul Engle se stelling, kom ek af op die volgende:

“Language is a skin: I rub my language against the other. It is as if I had words instead of fingers, or fingers at the tip of my words. My language trembles with desire.”

― Roland Barthes, A Lover’s Discourse: Fragments

Die vel / oppervlak / ‘interface’ (koppelvlak) / oorgang / grens is so omvangryke onderwerp dat dit moeilik is om dit in ‘n klein stukkie soos hierdie saam te vat. Beelde van vliegtuie wat deur die klankgrens breek en naalde wat op water dryf kom by my op. Dit mag dalk moeilik wees om te bespreek, maar dit is belangrik om dit wel te doen. Die vel is belangriker as wat ‘n mens dink, maar dit is so deel van die wêreld dat ‘n mens dit vergeet. Anders as die mens-vel is die woord-vel nie altyd sigbaar met die blote oog nie. Dit bind dinge saam en gee vorm aan die emosies en idees. Dit is die beeld wat jy sien as jy terugdink aan iets wat jy voorheen gelees het. Dit gee kleur op die wange en het lagplooie om die oë. Dit wag ook om ‘n hoek  in die nag en jaag jou gedagtes in sirkels.

Mens kan natuurlik nie hieroor skryf sonder om die vel tussen die lewe en die dood ten minste te noem nie. Of jy dit as koppelvlak, oppervlak of oorgang sien maak geen verskil nie – daar is ‘n vel tussen die lewe en die dood. Daar is ‘n vel tussen die aarde en die ruimte, ‘n vel tussen die dag en die nag. In die nag lyk dinge onmoontlik of moeilik, maar in die dag maak die son ons lus vir uitdagings. Die dag kom skeur die gordyn tussen ons bewuste en onbewuste wese van onder deur na bo en lei ons dieper in onsself in en miskien nader aan ‘n antwoord wat ons eintlik nie wil hoor nie.

 

Die Nagvel

‘n musikant in ‘n nagkafee

het rondgeskuif en fluisterend gesê:

 

“dis die nagvel wat jou vashou

dis die nagvel wat jou ry

en as die nagvel om jou vasgroei

blameer dit maar op my

 

die nagvel kom soos koue

oor jou vingers en jou rug

en versterk jou patriotisme

vir die land waarvan jy vlug”

 

die nagkafee het stil geword

‘n vel het oor my koffie kom lê

die musikant het ons weer onderbreek

en amper onhoorbaar gesê:

 

“die nagvel is reeds om ons

ek voel dit aan my rug

en as dit warmte is wat ons soek

weet ons –

dis lank reeds te laat om te vlug”

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d