Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 September 201313 October 2013

Plekgedig 28: Jaco Fouché. Bellville

Bellville

 

Bellville, jy was my dorp-stad,

En ek halfmak, halfwild in jou strate.

 

Ek onthou jou wanneer die son ondergaan,

Wanneer die mis tussen die woonstelblokke hang

En die lug na hondekos ruik,

‘n Sirene heelnag raas

En advertensieborde langs die strate pryk.

 

Ek dink aan jou op aande wat nou oud smaak

(Ek is deesdae deurgebring soos ‘n leë halfjack)

En ek smag na die nagte se gestoei in jou teerboesem,

Jy met jou kafees vol warm pasteie en koue Coke

Oorkant jou kantoorgeboue waar die ligte altyd brand

En tussendeur die lang, reguit bane van Voortrekkerweg

(‘n Geskil word teen 150 kilometer per uur besleg).

 

Ek onthou mans wat hard praat

(“Ek het dit nie hier nie, maar ek het dit hier!”)

En paaiende vriendinne

(“Ja, jy het. Jy is ‘n slim man, Renier”).

Vroue glimlag wys wanneer hulle oogkontak vermy

En jong ouens sweer onseker: ek sal jou kry.

Jong mense vertel mekaar: “Die Kaap is my kruis,

Om veiligheidsredes kuier ek naby die huis.”

 

Onder in Durbanweg leun ‘n kroeg oud

Tussen ‘n meubelwinkel en ‘n tote.

Wanneer die musiek stil word

En ek uitgaan, is die naglug koel

En die hemel diep soos ‘n bierpoel.

 

O Bellville!

Kom na my soos die klank van pistoolskote

Soos die drif van ‘n rondreisende evangelis.

Besoek my soos ‘n skuldinvorderaar.

Soen my met jou skurwelipkus!

 

O Bellville!

Neem my na jou beeldskone sielkundiges,

Skryf ‘n pil voor vir verveling en doodsverlangens,

Hoor my lewensverhaal aan,

Presenteer my aan die Allerhoogste

En smoor die proponent se gape.

 

En wanneer jy my lei, lei my na jou vlak watertafel

Onder die monumente aan jou Afrikaner-ondernemers.

Bring my na die Twaalfdemylsteen.

Laat my aansit by die tafel van my mededingers

Wat as die maats van my jeug vermom is

 

En laat my my gesig, ongeskend, in hulle s’n sien.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d