Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 September 201313 October 2013

Plekgedig 39: Marie Bosman. Sunnyside

Sunnyside

 

Dis die son se kant dié

Jou strate netjies gematriks

Sodat besige amptenare

Mooi mammas en elite skoolkinders

Skoon vier by viers preuts kan ry

Van Menlopark na die middestad

Oor Muckleneuk na die Uniegeboue

Ver van bosse en modderpaaie

Pretoria se eie klein betonoerwoud

 

Sonnige sypaadjies omsoom

Winkels banke kafees King Pie

Maak plek vir groenteverkopers

Een se naam is Innocent

Hy weet van al die skadu’s

Sy kartondoos slaapkamer

Gomgeure in die oggend

Hoek van Steve Biko en Kotze

 

Soms verdwyn die sonkant

Soos ‘n wintersaand

Met jasse kom ons uit die kerk

Kruip tussen komberse in

Langs warmwaterbottels

Die volgende oggend het jou koue kant

Vier straatkinders finaal verkou

Ek kon my jas vir hulle gaan gee het

As ek die son in my hart onthou het

 

Sonnige kant

Met jou kerktorings en woonstelblokke

Kunstige Gerhard Moerdykstraat

Padnoller na Joubert

Daar het ons kinders gespeel

In blokkies son agter die diefwering

Tot die nagskootklappe en gille

Ons herinner het

Dat die son elders ook skyn

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d