Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 201313 October 2013

Plekgedig 45: Veronica Venter. De Aar

DE AAR

 

dis die ou-ou huise

wat my roep en naderlok

pikswart donderwolke

wat skielik op die horison verskyn

vlammende sonsondergange

en die geur van aandblom en jasmyn

 

dis die talle windpompe

met strak blink gesigte

wat beur en kreun

soos in geboorte-nood

en net ‘n dun straaltjie water

baar vir lewensbrood

 

dis die ou-ou doringbome

en rooibessie-pepertakke

wat wieg in dieselfde wind

jare se geheime stories

onder lower gefluister

voorletters in stamme gegrif

 

dis augustus se rooistofstorms

wat tolbosse straat-af rol

sand onder deure inwaai

rooi stof deur ondig rame

op vensterbanke laat neersif

en die son soos nag verdonker

 

ek ken die kerkklok se lui

onthou die skerp fluit van die oranje-snel

verlang na die huis

aan die rand van die dorp

waar die bossie-veld begin

en gaan elke keer terug

 

om die verlange te stil

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

7e gedagtes oor “Plekgedig 45: Veronica Venter. De Aar”

  1. Elsabe Louw says:
    1 October 2013 at 12:39

    Ek kan in my gedagtes sien hoe lyk die dorp. Dis roerend mooi

    Reply
  2. Koot Vorster says:
    30 September 2013 at 20:23

    Sak met die kommentare, Sarels! Klink soos ‘n Noctem-bende aan ‘t balle poets! A nee a!

    Reply
  3. Annelize says:
    30 September 2013 at 20:02

    Pragtige beskrywende gedig!

    Reply
  4. ERNEST says:
    30 September 2013 at 14:52

    Onbeskryflik mooi!

    Reply
  5. PIETER says:
    30 September 2013 at 14:49

    Dit is werklik onbeskryflik mooi! Deur die gedig te lees word jy weggevoer na ‘n ander stukkie van ons mooie land!!

    Reply
  6. Linda Brand says:
    30 September 2013 at 13:18

    Dit is iets spesiaal. Iemand wat die dorpie al besoek het of daar woon, sal dit nie beter kan beskryf het nie. Pragtig is nie die woord nie. Ons volgende Louise Leipoldt.

    Reply
  7. RONICIA says:
    30 September 2013 at 11:22

    Pragtig

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d