Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 September 201313 October 2013

Plekgedig 47: Johannes van Loggerenberg.Herinnering aan Port Elizabeth

Herinnering aan Port Elizabeth

 

Hier elmboog ’n sandtong see-in

om ’n dodelike opwelling teë te hou, toegang te ontsê

tot volkstuine en paleise van vrede.

By Kijkduin sien jy op ’n helder dag

‘n sandsekel swiep van skoorsteen

na skoorsteen, van Hoek van Holland s’n

tot dié van Ijmuiden.

En oorkant die waters

waar jy niks meer sien nie

skommel eilande en kontinente.

 

Wat onsigbaar is, kan jy soms nog hoor.

My gehoorbeentjies lê virtueel uitgespoel

aan Algoabaai, dié van Nelson,

Nelson Mandelabaai.

 

Daar vertel lokasies en aalwyne op die vloedvlakte

die fabrieke en soutpanne langs die riviermond

die setlaarstoring en die kruis by die hawe

die piramide en lighuis bo Die Baai

en die mylhoë seskleur en die optogmonument met die vuiste

stories

 

stories wat niemand kan glo nie

aan die oseaan wat hom aan niemand steur nie

terwyl hy tóg luister, sy oorskulp lê

in die waai van die land en dan

 

hom skielik omdraai

met gesplete tong die sout van die kaaie lek

om te proe of dit laf is en sy oordeel snags

terwyl hy omrol

deurgee aan onderstrome wat dit terugtrek

en insluk.

 

En olifante by Addo vang die seewind op

absorbeer gerugte en bepeins dit

verteer dit tot elemente

van die vasteland se geheue.

 

Die laaste keer toe ons in PE was

het ons deur Motherwell verdwaal

op pad van Addo af.

 

Die dolosse by New Brighton wys nie meer die pad nie.

 

Dit was aand en die skielike botsing

van seelug met stof en airco het die ruite taai laat aanslaan.

Op geluk en op gevoel het ons die huis gekry.

 

Ons het aan die slaap geval en oor ons drome

het olifantore, wyd waaierend, gewaak

terwyl hyskrane by Coega knik en staar oor die baai

waar gehoorbeentjies dryf en land

dryf en land

 

terwyl hulle al rollend onleesbare tekens trek

op die sand en die branders hulle getydelings

oopspoel en bedek,

 

oopspoel

 

en bedek.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “Plekgedig 47: Johannes van Loggerenberg.Herinnering aan Port Elizabeth”

  1. Johannes van Loggerenberg says:
    16 October 2013 at 21:06

    Baie dankie vir die geleentheid om te kon deelneem, en vir die positiewe kommentare en beoordeling. Geluk aan al die pryswenners!

    Reply
  2. Lara says:
    10 October 2013 at 00:37

    Wonderlike gedig. Ek is meegevoer…

    Reply
  3. Waldemar Gouws says:
    30 September 2013 at 22:56

    ‘n Oorrompelende gedig. Dat ‘n herinnering nou so dinamies en diskursief kan ontplooi – dis nie Sheila Cussons se vakansie-“Come to Port Elizabeth”-herinnering nie! Ek is omtrent van my stoel af gesleur deur die werking vd woorde.

    Reply
  4. Helena Kolbe says:
    30 September 2013 at 16:00

    Herinnering aan Port Elizabeth is vir my ‘n uitsonderlik newwiese gedig. Die digter skryf die hele PE-ervaring omtrent in dié slim klompie lyne. ‘n Mooi gedig, voorwaar.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d