Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 201313 October 2013

Plekgedig 49: Willem Krog. Naskrif vir Jozi

Naskrif vir Jozi

 

Die nadors van goud kolokwint in jou lewer

jou moer tot ’n allemintige doolhof geskag

roer die moeras van jou maagvelle

suigelinge aan die tepel van jou verdorde soog.

 

Die asemnood van jou longe fluit

onhoorbaar hoog maar drup

suurwater inkontinent

ongemerk in die drinkwater krip.

 

Langs die diefwering van jou ribbekas

sprei woonbuurtes in rye kneukels

van verwaarloosde wanhoop wat wegsug

in die rioolpoele van ’n vingernaelfyt.

 

In die laatnag verdonker

jou bedsere in onbegaanbare sones

van etter wat trosse rotte roep

om nagmaal van jou nekrose te hou.

 

Maar elke oggend forseer jou are oop

as dagloners suurstof na jou vergrote hart dra

en die monoksied hulle heen en weer, heen en weer

deur die osmose van jou sirkulasie skiet.

 

Agter my elektriese grag en kasteelmuur

vertel ek vir my gesin 

die lewe van ’n sprokie

onder granaatbome op grasvlaktes langs koel spruite.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Plekgedig 49: Willem Krog. Naskrif vir Jozi”

  1. marie bredenkamp says:
    1 October 2013 at 18:25

    Dis hom daai, Jozi met die verstopte are en arithmia van die hart…en klonte goud wat sy longe kwets…. en ironies “vertel ek vir my gesin die lewe van ‘n sprokie..”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d