Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 October 20133 August 2018

Kortlys van finaliste vir Plekgedig-kompetisie!

  

Die kortlys van finaliste vir ons Plekgedig-kompetisie nou bekend gemaak! 

Lees die kortlys van kompetisie-gedigte hier.  Baie dankie vir al die inskrywings wat ontvang is … Alle inskrywings is deur die Redaksie beoordeel, al het nie almal op die webblad verskyn nie. Drie buite-keurders sal nou die verdere beoordeling van gedigte op die kortlys (steeds anoniem) behartig en ons sal die wenners se name moontlik teen die 14de Oktober bekend kan maak.

Met dank en waardering vir die geweldige aantal goeie inskrywings wat ons ontvang het,

Redaksie: Versindaba.

 

Alle  ander vorige plekgedigte  kan ook hier weer gelees word. 

Kompetisie-reëls:  

Skryf  ‘n Afrikaanse plekgedig (ongepubliseerd, hetsy in boekvorm, op die internet, tydksrifte, ens!) oor ‘n spesifieke dorp of stad van jou keuse in Suid-Afrika. Die naam van die dorp of stad (‘n voorstad of informele nedersetting sal ook aanvaar word) moet  deel uitmaak van die gedig se titel. Dus: slegs die naam van die dorp/stad/nedersetting OF die naam van dorp/stad bygevoeg in jou titel. (Bv. Garies, Pella, Grootmis, Griekwastad, Barrydale, Hanover, Umlazi, Soweto, Mitchell’s Plain, Mamelodi, Kayamandi, ens. OF iets soos “Skemeraand op Elandsvlei”, “Somer in Stilbaai”,  “Oujaar op Waenhuiskrans”, ens.)

LET WEL:

  • Nie alle gedigte wat ontvang word, sal geplaas word nie, maar dit sal wel beoordeel word.
  • Geen grafika of foto’s moet saam met die gedig gestuur word nie. 
  • Geen korrespondensie oor gedigte ontvang sal gevoer word nie.
  • Die kompetisie is nie vir skoolgaande kinders nie.

Goeie voorbeelde om eers te lees : Breyten Breytenbach se gedig  “Totsiens Kaapstad” uit Kouevuur, NP van Wyk Louw met sy gedig Clifton uit  Nuwe Verse en Danie Marais se gedig  Stellenbosch Revisited.  Hieronder ook ‘n gedig deur Daniel Hugo as voorbeeld, nl. Greyton.

  

Stuur jou gedig aan Versindaba  slegs in ‘n Word dokument & nie in pdf formaat nie. Ook nie geplak in die e-pos self nie.

 

Sluitingsdatum: 30 September 2013. 

 

1. Sommige gedigte (na ‘n eerste keuring) sal geplaas word op hierdie webblad, anoniem. Almal kan nie geplaas word nie. Ander sal wel apart gehou word en ook beoordeel word met die tweede keuring vir 10 gedigte vir beoordelaars. Gedigte wat nie aan die reëls voldoen nie, word weggelaat. Gedigte oor stede of dorpe in ander lande buite Suid-Afrika word nie aanvaar nie.

2. Na ‘n eerste seleksie van 15 beste gedigte sal ‘n nie-deelnemende komitee van drie aangestel word om hierdie gedigte (anoniem) te beoordeel.

3. Die wenners sal dan middel tot einde van Oktober bekendgemaak word.

4. Jy kan slegs EEN gedig  instuur vir hierdie kompetisie.

 

 Geniet dit en skryf die land se dorpe oop!

Pryse:

EERSTE PRYS: R1500

TWEEDE PRYS: R1000

DERDE PRYS: R500

 

 

Greyton

 

Water uit die bloute van die berg

stroom na die Riviersonderend

en voed – deur middel van ‘n sluis –

leivore van die dommelende dorp

waar die wêreld vir my ontwaak het.

 

Vroeg in my lewe het ek hier geleer:

energie verdwyn maklik in die niet

maar kan getem word om iets te skep –

‘n groentetuin, ‘n vrugteboord

of sommer net ‘n vywer met ‘n vis.

 

Wat my nou – na jare – interesseer

is daardie sluis en hoe mens dit beheer.

 

(uit: Hanekraai, Daniel Hugo. Protea Boekhuis, 2012)

 

 

 

 Hierdie kompetisie word aangebied met  ‘n  finansiële skenking deur Cordis Trust.    

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Kortlys van finaliste vir Plekgedig-kompetisie!”

  1. Myra Lochner says:
    2 September 2013 at 16:39

    Dankie, Cordis Trust en Versindaba vir hierdie geleentheid vir Afrikaanse digters. Wonderlike idee! Daniël se gedig eweso.

    Mag alle gekerkerde plekke deur verlangende harte bevry word, hier op Versindaba gekodifiseer word en oor die wêreld vanuit die hart roeteer! (Tegno-taal bedoel!)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d