Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 February 20143 February 2014

Christine Barkhuizen le Roux. Twee gedigte (vir M; talodomide)

vir M                  

 

onthou jy die linoleum tapyt

die middagslape warm in ouma se ouhuis

die gang die kamers weerskant uitgewyk

die ouma-oupa slaapkamer die dubbelbed

 

onthou jy die wegsluip in die hitte

om so ‘n Sondagmiddag te ontwyk

en oupa in sy onderbroek opsoek

na kleinkinders se wegsteekplek

 

onthou jy druifsap in die korrels ryp

die Boland met sy ondergrond

vieruur se koffie tee en koekies

die soet vergoed vir sy vergryp

 

 *

 

talodomide

                  

kan jy op tagtig Ma nog uit

daardie skouers stug en stomp

mutasies van ‘n moeder

geërf met gene en verledes

arms hande vingers laat spruit

 

sal jy my op jou skoot kan tel

soos nooit tevore ooit

my kan laat drink tot barstens toe

uit ‘n geslote en verborge bron

voordat ‘n laaste skade vel

 

of moet ek hierdie lang verlang

uit God se wil uit wrik

met ‘n gebrekkige gebed

sodat ek nog ‘n óns kan red        

– die donker dring en ek is bang

 

 

© Christine Le Roux / 2014

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Christine Barkhuizen le Roux. Twee gedigte (vir M; talodomide)”

  1. Maria Snyman says:
    20 February 2014 at 11:59

    Talodomide – goeie genugtig! Via die gedig leer ek nou daarvan op Wikipedia! Die lewe en sy vreeslike verrassings darem!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d