Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 February 201427 February 2014

Kennisgewing: Die Afrikaanse Wikipedia

Die Afrikaanse Wikipedia

‘’Die onderliggende doelstelling van Wikipedia is dat elke persoon die reg het tot inligting in sy eie taal. Uiteraard is die wêreldwye web ‘n ongelooflike gereedskapstuk om hierdie doelwit moontlik te maak. Die Afrikaanse Wikipedia is reeds 10 jaar oud, was die 15de wat gestig was, en is nou die 80ste gelys in terme van hoeveelheid artikels uit ongeveer 200 tale. Die Afrikaanse Wiki is tans 30516 artikels groot en word 4000 – 6000 per uur besoek deur gebruikers. Die Wikipedia gemeenskap nooi alle belangstellendes uit om ‘n bydra te maak.’’  (Deon Steyn)

 

Welkom by die gebruikersportaal

Die Wikimedia Stigting is in beheer van al die Wikimedia-projekte (waaronder ook Wikipedia) en hulle is ook die eienaars van die bedieners waarop Wikipedia gehuisves word.

Wie is die eienaar van die tekste op Wikipedia?

A. Die tekste op Wikipedia, waaronder artikels, hulpbladsye, ens., word vrygestel onder die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie (GFDL). Dit beteken dat die eienaar van enige teks die skrywer daarvan is, maar dat so ‘n skrywer op weinige outeursregte aanspraak het. Solank gebruikers van Wikipedia hulle by hierdie lisensie hou (die belangrikste vereiste is dat enige verspreiding of hergebruik steeds onder dieselfde lisensie moet gebeur), kan enige persoon met die tekste doen wat hulle wil. Let wel: wanneer teks eers onder die GNU-lisensie vrygestel is, mag dié lisensie nie herroep word nie.

Wie vorm die redaksie van Wikipedia?

A. Medewerkers (gebruikers) wat baie bydra en die administrateurs word dikwels deur die buitewêreld as Wikipedia se redaksie gesien, maar dit is nie ‘n feitelik akkurate waarneming nie. Wikipedia het nie ‘n redaksie in die tradisionele sin van die woord nie. In prinsiep kan enige persoon ‘n artikel skep, wysig of dophou (om te kontroleer vir akkuraatheid van feite, neutrale standpunt en moontlike vandalisme). Dus vorm enige persoon wat ‘n bydrae lewer (maak nie saak hoe klein nie) deel van die redaksie, alhoewel hierdie woord self nooit by Wikipedia gebruik word nie.

Nuusargiewe

Vanuit hierdie portaal kan u die Afrikaanse Wikipedia agter die skerms besoek. Die skakels hier konsentreer nie soseer op die verskeie artikels nie, maar op die skepping en wysiging van artikels, die kommunikasie tussen gebruikers, algemene inligting oor die ensiklopedie, en enige iets anders wat ‘n gebruiker denkbaar mag nodig kry om hom- of haarself tuis te laat voel. As u voel dat hier iets kort, of dat hierdie bladsy nie aan u behoeftes voldoen nie, maak gerus ‘n voorstel op die Besprekingsblad.

  • Die stap-vir-stap gids vir nuwelinge. Leer om artikels te skep en te wysig.
  • Wat is Wikipedia?
  • Wat is ‘n wiki?
  • Voel vry en gaan jou gang

Wikipedia kan nie gebreek word nie. Enige iets kan reggemaak word of later verbeter word. Gaan gerus voort en wysig ‘n artikel – u bydraes help om ons ensiklopedie die beste Afrikaanse bron vir inligting op die Internet te maak!

Maak nou u eerste wysiging:

  1. Kliek hier om die sandput oop te maak: die sandput is spesiaal geskep vir toetse en eksperimente. Indien daar reeds teks is, vee dit gerus uit of plaas u teks bo- of onderaan.
  2. Tik en eksperimenteer na hartelus.
  3. Asseblief geen profaniteit, reklame of persoonlike aanvalle nie!
  4. Kliek op Wys voorskou om te sien hoe u bydrae sal lyk, of Stoor bladsy indien u gelukkig is met die manier waarop dit vertoon.

Wikipedia se beleide en riglyne…

Wikipedia het ‘n beleid en ‘n stelsel van riglyne ontwikkel wat ons die afgelope jare gehelp het met die skep van ‘n vrye ensiklopedie. Dit is raadsaam om uself vertroud te maak met die beleide en riglyne wat u bydraes raak, alhoewel foute wat in goedertrou gemaak word (eerder as ‘n blatante verontagsaming van die reëls) natuurlik oorgesien word.

  • Oorsig van beleid en riglyne
  • Neutrale standpunt
  • Geen oorspronklike navorsing
  • Verifieerbaarheid
  • Wenke vir die skryf van ‘n goeie artikel
  • Wat Wikipedia nie is nie
  • Beleefdheid, iets wat van elke bydraer verwag word.
  • Gebruik van beelde – hoe om te weet watter beelde u na Wikipedia mag oplaai en in artikels mag gebruik
  • Haal bronne aan – hoekom is ‘n bronnelys en verwysings belangrik?

Riglyne vir nuwe artikels en basiese redigering…

  • Hoe om ‘n nuwe bladsy te skep
  • Titelriglyne – wat moet my artikel se naam wees?
  • Styl – Inligting oor die uitleg van ‘n artikel, skryf van datums, syfers, samestellings met eiename, ens.
  • Basiese redigeringsintruksies – Inligting oor hoe om nuwe afdeling te skep, teks na kursief of vetdruk te verander, ens.
  • Eksperimenteer in die sandput
  • Byvoeging van skakels in ‘n artikel
  • Basiese instruksies vir die toevoeging van beelde
  • Hoe om ‘n tabel by ‘n artikel te voeg
  • Wat is sjablone en waar kan ek hulle kry?
  • Algemene spelfoute
  • Transliterasiegids (Cyrilliese alfabet)
  • Openbare bronne met beelde wat vryelik gebruik mag word
  • Bronne wat toestemming aan Wikipedia verleen het vir die gebruik van beelde en/of teks.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Kennisgewing: Die Afrikaanse Wikipedia”

  1. Gert says:
    24 February 2014 at 17:26

    Bravo!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d