Wicus Luwes. Rookseine uit Rusland

Moeder en Vader. Sout en Peper. Mes en Vurk. Rusland en Oekraïne? Dinge wat bymekaar hoort het gewoonlik iets in gemeen – ‘n liefde vir musiek of dieselfde sportspan. Ek hoor oor die radio hierdie week dat Chris Martin en Gwyneth Paltrow se paaie gaan skei. Die probleem is egter die kinders wat hul deel – die  dinge wat mense in gemeen het maak die lewe interessant. Oekraïne se Vaderland party het ‘n tydjie regeer, maar is uit die kussings gelig deur Viktor Yanukovych. Onmiddelik dink ek aan ‘n soort Moeder Rusland en Vader Oekraïne met hul kind die Krim-skiereiland.

Ek is besig om ‘n boek deur Hans Rookmaker te lees oor sy interpretasie met betrekking tot Moderne Kuns – Modern Art and the Death of a Culture. Hans Rookmaker was ‘n Nederlandse Prof in Kunsgeskiedenis, Musiek, Filosofie en Teologie. Sy invalshoek of konteks was sy geloof. Hy het in die Oekraïne as oorlogs-gevangene tyd deurgebring. Sy verloofde, ‘n Jodin, het in Auschwitz gesterf. Konteks speel so ‘n groot rol, dat dit partymaal die oorspronklike boodskap oorskadu. Hans Rookmaker het sy konteks in die Oekraïne gevind deur sy kennismaking met ‘n filosoof genaamd J.P.A. Mekkes.

Ek dink maar aan die Russiese kommunisme wat skrywers en kunstenaars grotendeels na strafkampe gestuur het. Die invalshoek van die kuns in ‘n kommunistiese omgewing is as teen-revolusionêr gesien. Anna Achmatowa is ‘n Russiese digter en is in 1889 in Odessa in die Oekraïne gebore. Sy het in Rusland gebly te midde van die kommunistiese stelsel wat sy merk op die Russiese landskap gemaak het.

Uit Requiem
deur Anna Achmatowa
1935-1940
DEDICATION

The high crags decline before this woe,
The great river does not flow ahead,
But they’re strong – the locks of a jail, stone,
And behind them – the cells, dark and low,
And the deadly pine is spread.
For some one, somewhere, a fresh wind blows,
For some one, somewhere, wakes up a dawn –
We don’t know, we’re the same here always,
We just hear the key’s squalls, morose,
And the sentry’s heavy step alone;
Got up early, as for Mass by Easter,
Walked the empty capital along
To create the half-dead peoples’ throng.
The sun downed, the Neva got mister,
But our hope sang afar its song.
There’s a sentence… In a trice tears flow…
Now separated, cut from us,
As if they’d pulled out her heart and thrown
Or pushed down her on a street stone –
But she goes… Reels…  Alone at once.
Where are now friends unwilling those,
Those friends of my two years, brute?
What they see in the Siberian snows,
In a circle of the moon, exposed?
To them I send my farewell salute.

(http://www.poetryloverspage.com/poets/akhmatova/requiem.html)

Die Russies-Oekraïne verhaal laat my terugdink aan Hitler se oorname van Oostenryk en Sudetenland. Hitler en baie ander het gevoel dat die landstreke eintlik hoort by of deel is van Duitsland. Baie Russe en inwoners van Oekraïne deel miskien daardie gevoel uit hul Sovjet dae. Die vraag destyds was of Duitsland by die oornames sou stop en dieselfde word gevra oor die Krim-skiereiland. Ek vind die stelling deur Oekraïne se eerste vroulike Eerste Minister, Yulia Tymoshenko, nogal interessant:
“Ukraine is a vital link for Europe: our energy transportation networks; our location between the European Union and Eurasia. We’re the melting pot of Catholicism and Orthodox Christianity. The democracy we founded with the Orange Revolution has to be an example for other post-Soviet states.” (http://www.brainyquote.com/quotes/authors/y/yulia_tymoshenko.html#mccIcrlzlUsiZTEp.99)

Die Amerikaners het hul afhanklikheid van olie en die Russe het hul gas waarmee hul die EU in ‘n wurg-greep hou. Dis seker nie moontlik om ‘n eenvoudige rede vir ‘n komplekse saak te gee nie, maar hoe meer ‘n mens dink aan die konteks waarin hierdie konflik plaasvind, hoe meer lyk dit of Moeder Rusland nie oop kaarte speel met Vader Oekraïne nie. Waar daar ‘n rokie is, brand daar ‘n vuurtjie. Gaslyn, grenslyn – dit alles het ons in gemeen.

‘n Mens kan seker nie van politiek alleen leef nie en gedeelte kultuur speel ‘n groot rol in hoe ‘n mens verwag dat iemand sou optree. Die maak van Russiese poppe of Matryoshka poppe is ‘n tradisie wat in 1890 begin het. Hierdie Russiese kultuur-item het so oor die wêreld gespoel, dat jy aan Rusland dink as jy net die poppe sien. Daar is maar net sekere dinge wat jou aan Rusland laat dink – dis nou die dinge wat Rusland Russies maak of miskien is dit net die manier waarop ons na Rusland kyk.

russiese pop

rooi geverfde kossakpop
met rooi geverfde houtnate
binne-in die kossak-pop
lê klein ‘n kossak danser

die danser se gekruisde arms
wys ‘n lyn waardeur ‘n pop beur
en stadig dan die danser
in twee helftes skeur

die volgende pop
‘n russies bruid
kompleet met trourok
en vliegkaartjie

en dieper nog
‘n russiese gimnas
wat haar land bedien
met ‘n olimpiese tien

daarna volg
Lenin tot Putin
en al die poppe wat
deur die koue oorlog dien

tot die laaste pop
koud en klein
vanuit die moeder pop
verskyn

die popkind sonder kroon
die baba sonder klas
met ‘n sekel vir ‘n fopspeen
en ‘n hamer vir ‘n jas

Foto-bron:
1. http://www.3news.co.nz/What-started-the-Ukraine-crisis/tabid/417/articleID/330053/Default.aspx
2. www.susanlawson.co.uk (Russiese poppe)

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Wicus Luwes. Rookseine uit Rusland”

  1. Marlise :

    Dankie Wicus! Goeie vers oor die poppe! Laat mens yswekkend wonder wat verder gaan gebeur in Ukraine. Hopelik tog net nie nog ‘n Sirië-situasie nie.

  •