Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 June 20143 August 2014

Lykdig 5: Mariska Coetzee. Die ontslape Poppemeester

Die ontslape Poppemeester van donker woorde 

Vir I.D. du Plessis                                                                     

 

Die nag pronk met haar rooimaanhals,

wat stil in skerwe sak deur die teaterdak.

Onder op die verhoog, dans vorms sonder gees

op maat van ‘n sombere requiem.

 

Hier dans verskeurde sinne  in sirkels, lankal nie meer volmaak,

terwyl daar bokant die gordyn, ‘n onheilspellende gestalte aan toutjies trek.

Die sinne val en buig en spook in ‘n geraamte van ‘n gedig. Toutjies breek,

die geraamte ruk uitmekaar en woorde val kletterend neer.

 

Ritmies dans bloedbevlekte woorde, masjienagtig, op

Rietfontein se verhoog in eer van hul afgestorwe Meester,

terwyl ‘n donker skaduwee oor en om die toneel

hang en buig soos verdroogde peerboomtakke in die wind.

 

Die koue en skril gil van ‘n nagwolf ego

deur die ewige en sombere middernag,

in die bloedgedoopte Leidam waar

die duister sag lê, wemelend en krullend opsoek na eienaar.

 

 

Stukkend kruip die woorde na die enkele graf;

stukkend kruip die woorde deur die swart grond

terug, na die afgestorwe Meester wat lê en wag,

met sy geraamtehand wat uitreik om hul te omhels.

 

Hier, waar hy nou  rus.

Rus

in vrede

Poppemeester

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d