Lykdig 23: René Bohnen. Peter Blum
Peter Blum
Aweregs duin jy al-links op
in my bewoessyn
tor-wyl my kar-oë deur die Karoo
die winternagmag verdryf. Afgedool
uit die dood en verdwyning,
kom jy aangeleuen oor knobbelbossies
met liefde en haat wat jubelwok
in die enklaves van jou lyf.
ʼn Steenbokskaduwee op die teenpoolsee,
ʼn gestoldte in die skerf lig, só verskyn jy
vlug voor die lumier. Teen die verbarring
van my sintuie tartel jou nuutskoppinge
gelukkig nog toornynig op die limen.
Ek is stomgeslaan deur hierdie kunswerk!
Baie geluk, Rene! Hierdie gedig is puik en vars en jou nuutskeppings is werklik knap. ‘n Welverdiende wengedig!! x
Dankie, Ruan en dankie, Nicolette. Ek het op ‘n dun lyn geloop omdat ek eerste wou wees om Peter Blum te gebruik, maar die gedig nie té vinnig wou afjaag nie. Die beoordeelaarskritiek help my nou baie – dalk sal ek later verfyn 🙂
Baie geluk, René! Daar lê baie dinkwerk in hierdie gedig opgesluit en die aanwending van “Blumtaal” is oorspronklik – beslis die wengedig.