Klipwerk
Vir N.P. Van Wyk Louw
anderkant die ringmuur
waar Koki sit en treksel kook
die kap kap van ‘n beitel
oom Wyk weer aan die spook
klipwerk is mos breekwerk
is alleenwerk mompel hy
om iets wat skoon en helder is
op die been te kry
sy kamer staan vol sfinkse
‘n luiperd duiwe die beminde
wat deur ‘n ewigheid weerkaats
in spieëls van suiwer wiskunde
as die laatmiddag droom geword
en die beitel so bly lê het
kom Raka dans in halwe kringe
tussen ons wat probeer met
bombas en domvinger
met stokkies en rivierklei
vorm gee aan klein idees
wat na die nag se reën week sal wees
Lekker ritme, intieme woordkos, dankie!