Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 July 20144 August 2014

Lykdig 39: Willem Krog. Dodemis vir Federico García Lorca

Dodemis vir Federico García Lorca

 

Op die heuwel onder ‘n olyfboom

sprinkel blinde boogskutters

‘n liturgie van kordiet

oor jou stiervegter postuur

kantel jou blinddoek die maan

kantel jou liggaam die graf

kantel die graaf sand

oor die bloedstola van jou jodiumlose lyk

en bind die nagtegaal in jou are af.

 

Die swart bul en die vyeboom

skreeu jou naam

teen die banale doodsplegtigheid

in daardie fascistiese somer van ses-en-dertig

uit die stal van jou lippe bars

‘n brigade perderuiters loop

‘n bende storm spring oor ‘n muur

en vertrap sonder genade of vergifnis

die diktator se hartseertong.

 

Maar uit die liggaam

van jou woorde en die bloed

van jou lamente kantel

nog steeds uittartend odes

wat met kristal en nikkel

die strofes van ander digters,

na en voor jou,

versplinter in metafore

van gefolterde grafiet.

 

En om vyf in die laat agtermiddag, my liewe Lorca

klokslag jou granaat en arseen woorde

die dood se requiem

oor dood alleen

 

in jou ewige lewe van agt-en-dertig.

 

 

( Die beelde kom uit die Engelse vertalings van die volgende gedigte deur Lorca;  Before the dawn, Gacela of the dark death, Ballad of the moon en natuurlik Lament for Ignacio Sánchez Mejías.

Die doodsmis liturgie wat as basis dien vir die struktuur van die gedig is die van Our Lady of Mt. Carmel Roman Catholic Church)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Lykdig 39: Willem Krog. Dodemis vir Federico García Lorca”

  1. sigeuner says:
    21 July 2014 at 12:03

    Manjifiek – met deernis en woorde vol belofte (al is dit die dood self)

    Reply
  2. Lisa Lorenz says:
    21 July 2014 at 10:34

    Ook vir my besonder mooi

    Reply
  3. jacobus van der Riet says:
    18 July 2014 at 21:26

    ‘n besonder mooi gedig, myns eenvoudige insiens.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d