Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20143 August 2014

Lykdig 50: Trienke Laurie. Swiep van ‘n windswael

Swiep van ‘n windswael
               Pieter Claassens (1949–1983)

Windswael, wat het van jou geword?
Selfs as jy na benede stort,
val jy nie op die grond:
Jou maats vang jou vere
pik donsies vir hulle neste
teen vertikale rotslyste
en die wind draai om jou
ondeursigtig, ‘n wolkkombers.

Speeksel uit jou bek
dié was jou nes en tuiste
en die Hottentotte van die oervlak
sou teen hulle tande suigklik
hulle tonge teen die verhemelte laat klots
en ‘n sug gee oor jou te vroeë dood.

Jou lewende windharpklanke
ramkie nie soos die hoë skree
van die hutjie-hee
of van die windswael
as hy vertonerig buitel nie,
maar kom lê, kom drup-drup
“in my diepste oor.”

Sommige swaai ‘n daggapil
of ry die baaik heluit
as hulle down is,
maar metafisika
is bog teen aërobatiek.
Die windswael rus
op die strome van die lug
en vinnig wik hy sy wîe rond.

In sy slaap, haal jy aan,
dig die digter oë-oop.
Die windswael vlieg in sy slaap:
het jy in jou slaap gevlieg?
‘n Brik se twee seile
—vlerke vir hemelvaar gevorm—
en ‘n veer skryf in die lug:
“Hier het ‘n windswael geroep
geroep” en terwyl ek soek
vou die smalt van die lugstroom
die woorde weer toe.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d