Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 20143 August 2014

Lykdig 47: Ockie Strydom. In memoriam: Ingrid Jonker

Stilte 

In memoriam: Ingrid Jonker (1933 – 1965)

 

In bossies van drie en sewe,

pomp die see ‘n buik vol skulp en wier

teen die strand se korrels vas;

strooi dit  oor  haar onderrok  se borrelsoom

tot voor die rooiskoen- vrou met die

die briefie in haar hand.

 

Ontvlugting, reeds jare dood

vir nou bly net die stilte oor:

Stilte.

Hartseerkind word hartseervrou:

Stilte.

 

Die water om haar enkels en dan heupe

het haar vir oulaas  vasgehou —

‘n selluloïedpoppie, reeds gesterf

met ‘n profetiese brander vervullend doodgerol:

 

“Korreltjie klein,

korreltjie dood. “

 

Ek hoor nog steeds haar stem bo die branders redeneer

en die sleepspoor waar sy haar beker van wanhoop-wense vul;

waar die die diepsee die geheime  van rooi-wang pop kodeer

offer sy haar lende en die kurwes van haar laaste pen.

 

Sý is die hond wat steeds op strande draf,

die seëvoel wat verhongerd vir oulaas daal

en stukkies waarheid tussen wier en gras kom

haal en opdis as die brood, wyn en water

by ‘n nimmereindigende laaste avondmaal.

 

Skielik was sy “Safe soos Jesus”;

haar leë binneste  weer heel –

“Pie” en “Gousblom” het  geantwoord

geglo,  geweet  en toe gedoen.

 

Die fluister van die branders is die wit spook

wat ongebore drome verenig en my terugruk

tot die toetse van haar tikmasjien

waar wonderwoorde die lig kan sien:

Vir álmal maar nie vir haar nie.

 

Stilte.

Stilte.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d