Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 July 201429 July 2014

Joan Hambidge. Ballade van die grysland

Ballade van die grysland

 

Vir  DJ Opperman – ‘n pastiche

Die vroegre boere-paradijs

is nou één molshoop, groot en grijs.

Totius (Trekkerswee)

 

I

 

Uit tonnels van die nag tuur ek

oor die landskap van ysterspore,

die vele bundels wat ná u vertrek

 

hul opwagting maak, die nuwe Edms. OnBpk.

met vele digters en diskoerse,

in die Afrikaanse taal se vele bottelnekke.

 

Deesdae kap ons slote op die internet,

FaceBook en ‘n kollektiewe Versindaba;

die digkuns ‘n blote visum by verstek.

 

Hier is dikwels ‘n gezoem om ‘n heuningkoek

oor wié mag parlando of katalekteer;

soms word stilte opgeskort; ander kere opgedoek.

 

Daar is draaisae en gille van polemiek

– sonder om die bundel te lees –

ook herbesoeke met ‘n enkele kliek.

 

Daar word steeds valse syfers neergekrap,

oneerlike resensies uitgekletter,

selfs van ‘n eggenoot oor ‘n bedmaarskalk.

 

 

II

 

Na tuine van die nag, waar neonligte blom,

moes ek dikwels vlug oor ‘n gedig

van ‘n herkenbare minnares, ‘n liefdesbom.

 

Maar die vrees as u, die rekenmeester,

nou moes lees of skerp takseer?

Hoeveel van ons sou by u, o leermeester

 

‘n heilige bees, ‘n strak negester

of ‘n joernaal van Jorik kon prakseer?

“Wees veral versigtig met eendagsterre!”

 

Die nag breek grou: ‘op tafelblad’

links in my smalle kamer

‘staan leë bottels in hul nat’.

 

Ek sukkel steeds om hierdie gedig

in balans met u en Totius tuis te bring.

O my vrees wat die kritiek mag aanrig.

 

III

 

Die laptop is wit-gevlak en koel

soos die dubbelskots deur my vloei …

tot ek die vrees weer lyflik voel.

 

O as u, die rekenmeester kom,

wat sal u maak van hierdie pastiche?

Ek erken my reëls uit u bron

 

in die onthouboek ‘n digterlike dinamika:

die ware digter, so leer u ons,

weet geen snars van metafisika.

 

“En metafiksie?”, wou ek vra?

Die tralies wat hierdie vers omsluit

– huldeblyk gewis en waar, ja –

 

laat my krukkig gryp na ‘n psigoanalies:

Lacan en Žižek, daardie ou spoegbek,

óm en óm … die dun spil van die siel.

 

 

(c) Joan Hambidge / 2014

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Ars poetica
Wicus Luwes. Arabica Vs Sigorei Vs Sokker-kwotas →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d