Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 September 201418 September 2014

Charles Tait. Die pampoenvreter

Die Pampoenvreter

ʼn Anderman het gekyk hoe ʼn Man ʼn pampoen koop vir sy verjaardag die sestiende September. Deur die vuil ruit van ʼn bus het hy hom sien die pampoen in ʼn ou koerant toevou en dit sorgvuldig onder sy arm hou. Later het hy met die bol ongemaklik tussen die ander reisigers deur kom skommel totdat hy ʼn plekkie kon kry om te sit. ʼn Grommende geluid het vanaf sy rigting gekom en die klank het teen die metaaldak geëggo dat almal omkyk. Hy het ongemaklik die pampoen stywer teen hom gedruk. Die Anderman het besluit om hom te agtervolg. Hier is ʼn slang in die gras. Het hy gedink. Een wat nog sy eie stert gaan insluk. Nie lank nie was hulle voor ʼn vyfverdieping-woonstel en dis daar waar die Anderman moes wag toe die pampoen sug en saam met die Man in sy arms by die trappe op verdwyn.  Jare het verby gegaan, die maan het verbrokkel en in die see geval. Dis eers toe dit torings van Babel inmekaar stort voor hy weer die pampoen sien. Saam is hulle na Union Square toe om ʼn pampoen te koop vir die Man se verjaardag die sestiende September. Hy het hom dié keer in ʼn plastieksak gedra. Versigtig het hy huis toe geloop en senuweeagtig met sy baard gespeel. Dit het gelyk asof hy wil weghardloop vir die maan. So 31 treë agter hom het die Anderman geloop en hulle het hand geskud voor die pampoen in die hysbak op is na die 12de verdieping. Die Anderman het in die goeie oranje son sit en bak. Totdat die polisie met ʼn geloei verby gestorm kom. Hulle het vir hom gesê ʼn terroris bly hier. Hy moet trap. Nie lank daarna nie sien die Anderman hom weer – die Man met die begeerte om vir hom ʼn pampoen te koop vir sy verjaardag die suffelste September. My tjomme, my gabba, my tjaaina!, het die Anderman geskree, maar die Man kon hom nie hoor nie. Die eende maak te veel geraas in die Swartland se modder. Geluk, het die Anderman vir homself gesê met ʼn mond vol kaneel en pampoen. Mag die pitte wat jy gesaai het nooit deur die maan opgesluk word nie, op jou verjaarsdag die suffelste September.

 

16 September 2014

(Charles Tait)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Charles Tait. Die pampoenvreter”

  1. Buiteblaf Breytenbach says:
    17 September 2014 at 19:25

    Anderman: So deur hierdie pampoenbril bekyk (want die ingewikkelde maneuwers oor die jare heen was eintlik om insae te probeer kry in die prosesse van groei) wil dit lyk asof jy nou hierdie ritueel oor mag neem, pens en pootjies, en met ‘n veel beter kans op sukses. Dit trouens reeds gedoen en vermag het. Of daar enige voordele saamgaan met die plegtigheid, of daar enigiets te leer sou wees, sal ek nie weet nie. Miskien ‘n meer intieme en konfliktuele verhouding met die maan. Maar ‘aansteek’ is seker ook reeds ‘n manier van ‘aangee’. En dis in ieder geval nou te laat want ‘kyk’ is ook besitname. Die bybie is joune…

    Dankie vir die belangstelling. Dis ‘n verligting. En sterkte vorentje!

    Cara Negra, die emeritus pampoensmous

    Reply
  2. karla mulder says:
    17 September 2014 at 09:58

    Wanneer ‘n digter eer gee aan ‘n ander digter deur woorde op papier neer te skryf, gebeur iets wat woorde nie kan beskryf nie. Dis wat in die stuk gebeur.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d