Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 February 2015

De Waal Venter. “Om ‘n lokkende taal te praat”

Om ‘n lokkende taal te praat

 

Ek kan nouliks

die woorde sien

agter die bleek ooglede

van die ou man

wat nie meer praat nie.

Ek kan die woorde

nie verstaan nie,

sien net die vae vorms,

Ek sien die merke

op die rotswand

wat lyk soos woorde

gewelddadig gekerf

in die skoon klip

met reuse boormasjiene,

ek kan die woorde

nie verstaan nie,

ook nie die taal

waarin dit geskryf is nie,

dit is geskryf

in die palms

van kinders;

hulle maak vuiste

om die woorde weg te steek

vir my;

daar is woorde

in my pen,

nog vormloos

in ‘n kolom eenvormige ink.

 

Ek sal hulle ontgin,

die woorde

geskryf agter die bleek ooglede

van die ou man,

die woorde op die rotswand

sal regtrek

in ‘n lokkende taal,

die kinders sal hulle vuiste

oopmaak

en my hulle palms wys.

Dan sal ek die woorde sê

en daarna luister,

sal jy ook?

 

(c) De Waal Venter / Januarie 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Dans van die ou man
De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
  • Anzé Bezuidenhout. Jy is klip
  • Betani Wiese. Invers
  • Digtersprofiel: Driekie Grobler

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Nini Bennett-Moll in gesprek met Joan Hambidge9 October 2026

    Dank aan Nini veral vir die insigryke vrae en aan almal: Die digkuns moet gesprekke voer en nuwe digters en…

  2. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Jy is klip9 October 2026

    Baie dankie Versindaba, ek waardeer die blootstelling en plasing

  3. Clarence Botha on Joan Hambidge en Dietloff van der Berg in gesprek oor “Apofatiese lens”9 October 2026

    Baie insiggewende en leersame gesprek wat ek waardeer het.

  4. Amanda Ahave De Meillon on Anzé Bezuidenhout. Grense van die wentelbaan8 October 2026

    Ek voel jou woorde in my hart. Soos net jy kan!

  5. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. granaat-gebed in die Karoo8 October 2026

    Hierdie gedig beskryf n rou erkentenis van menslike swakheid en totale afhanklikheid. Puik gedoen Pierce!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d