De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015)

 

Afgesonderde Sweedse huise

 

 

 

‘n Wirwar van swart spardenne

 

en smeulende maanstrale.

 

Hier onder lê die kleinhoewe

 

en dit lyk leweloos.

 

 

 

Tot die oggend-dou murmel

 

en ‘n ou man sy venster –

 

met bewende hand – oopmaak

 

en ‘n uil uitlaat.

 

 

 

En in ‘n ander rigting

 

staan ‘n nuwe gebou en stoom

 

met die wasgoed-skoenlapper

 

fladderend op die hoek.

 

 

 

In die middel van ‘n sterwende woud

 

waar die vermolming

 

deur ‘n bril van sap

 

die bedrywigheid van houtboorders lees.

 

 

 

Somer met vlasharige reën

 

of ‘n enkele donderwolk

 

bokant ‘n hond wat blaf.

 

Saad skop in die aarde.

 

 

 

Oproerige stemme, gesigte

 

vlieg in telefoondrade

 

op verkrimpte vinnige vlerke

 

oor die vleiland myle.

 

 

 

Die huis op ‘n eiland in die rivier

 

broei op sy klipfondament.

 

Aanhoudende rook – iemand verbrand

 

die woud se geheime papiere.

 

 

 

Die reën wentel in die lug.

 

Die lig slinger in die rivier.

 

Huise op die hoogte hou toesig

 

oor die waterval se wit osse.

 

 

 

Herfs met ‘n swerm spreeus

 

wat die dagbreek skaakmat.

 

Mense beweeg styf

 

in die lamplig se teater.

 

 

 

Laat hulle geen vrees ken nie

 

die gekamoefleerde vleuels

 

van God se energie

 

opgekrul in die donker.

 

(c) Tomas Tranströmer / Hemligheter på vägen (1958)

Vertaling deur De Waal Venter (Uit: Geheime op die weg)

 

NOTA: ‘n Volledige bundel vertaalde verse van Tranströmer kan hier gelees word.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015)”

  1. De Waal Venter :

    Dit lyk of die skakel nie werk nie. Ander vertaalde gedigte van Tranströmer kan hier gelees word: https://spaansafr.wordpress.com Klik op “Sweeds” bo aan die bladsy, en dan “Tomas Tranströmer.

  2. carina van der walt :

    REISFORMULES

    V

    Op weg door het langgerekte duister. Koppig glanst
    mijn polshorloge met het gevangen insect van de tijd.

    De volle coupé staat stijf van de stilte.
    In het donker stromen de weilanden voorbij.

    Maar de schrijver is halverwege zijn beeld
    en reist daar, zowel adelaar als mol.

    [Thomas Tranströmer
    uit: De herinneringen zien mij(2002)
    vertaling Bernlef]

  •