Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 November 201417 November 2014

De Waal Venter. Dans van die ou man

Dans van die ou man

 

Wolke in wit klere

laat die sonlig met ‘n glimlag verbygaan;

dit moet die gras gaan ontmoet,

die bome, sodat hulle

daardie polsende groen

van hulle aan my oë

kan voorstel.

 

Dag, jy is jonk,

ek is ouer,

maar ons deel,

ons deel die vreugde

dat ons hier is.

 

My hand raak aan die ooste,

my hand raak aan die weste;

ek draai en voel die noorde

tussen my vingers,

die suide kielie my palm.

Ek buig, ek kom regop,

ek beweeg my voete

oor die warm aarde,

die lewende, woelende grond;

my voete lig en land

om die sand te streel,

die leem te voel,

die swetende modder te ontmoet.

 

My voete is gemaak van klei.

 

(c) De Waal Venter / November 2014

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Onvolledige stelsel
De Waal Venter. “Om ‘n lokkende taal te praat” →

2e gedagtes oor “De Waal Venter. Dans van die ou man”

  1. De Waal Venter says:
    20 November 2014 at 06:20

    Interessante poëtiese kommentaar, Myra. Baie dankie!

    Reply
  2. Myra Lochner says:
    19 November 2014 at 21:12

    De Waal, dis pragtig. Woorde gerol teen Ver-hemelte, maar aards.
    Hoe ouer ek word, hoe jonger word ek. Daarom is kleivoete vir my kleutergemoed so goed; kleivoete … wat ‘n mens kan bry … tot vlerke, dalk?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d