Wicus Luwes. Om die Rubicon oor te steek in ‘n rooi oorpak

Ek wonder of Pres Zuma senuweeagtig is oor môre se Staatsrede-toespraak in die parlement. Ek wonder of hy in rooi droom en of hy die rooi tapyt as verwelkoming of voorbode sou sien. Ek wonder of die aanvalle deur die party met die rooi oorpakke onder leiding van ‘n eertydse troonopvolger die Staatshoof in ‘n slagoffer of ‘n martelaar kan laat ontaard. Je suis Jacob? Die geskiedenis is ryk aan toesprake wat veranderinge aangekondig het. Op die vooraand van die Staatsrede, is hier ‘n paar interessante uittreksels uit toesprake wat deur die jare veranderinge ingelei het. Meeste van die toesprake is buite konteks aangehaal. Konteks is makliker om raak te sien as jy terugkyk, maar om terug te kyk is ‘n gevaarlike ding as jy Lot se vrou sou vra.

Winde van verandering

 

“The wind of change is blowing through this continent. Whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact.

As a fellow member of the Commonwealth it is our earnest desire to give South Africa our support and encouragement, but I hope you won’t mind my saying frankly that there are some aspects of your policies which make it impossible for us to do this without being false to our own deep convictions about the political destinies of free men to which in our own territories we are trying to give effect.”

– Uittreksel uit Britse Eerste Minister, Harold Macmillan, se toespraak in die Parlement van Suid-Afrika in Kaapstad op 3 Februarie 1960

 

Dries van Schalkwyk se toespraak oor Brutus die Bul

(uit ‘Een vir Azazel’ deur Etienne Leroux)

 

“Liewe vriende,” sê die alombeminde Dries met stygende toonhoogtes en opregte oorgawe,

“Giepie Ollenwaar was sy tyd agtien jaar vooruit, maar hy was ‘n man wat met sy afsterwe nie geskroom het om te sê . . . aan my daardie onvergeetlike aand, ‘Verbeter op Brutus, Dries. Moenie dat die teelbeleid met my sterf nie!'”

“Ek het die taak aanvaar, vriende, en voortgegaan. Brutus was nie die einde nie. Ek het tred gehou met die tyd. Ek het die profetiese gedagte van oom Giepie na die beste van my vermoë ge-interpreteer. Ek het allereers vir myself gevra: wil die wêreld werklik groot en magtige teelbulle hê? Is dit in ooreenstemming met die verlange van ons mense? Vreet hulle nie te veel nie? Is hulle nie onbeheerbaar nie?”

“FREE JULIUS JOOL!”

“JULIUS JOOL MUST GO FREE!”

 

Ons drang om iemand te blameer is hoog op ons lys van prioriteite. Dit het al by Adam en Eva begin. As iets fout gaan, moet daar altyd ‘n sondebok wees. Die boek, Een vir Azazel, werk uitstekend met die tema. Niemand vra mos vrae as iets reg loop nie.

Die Rubicon-toespraak

 

Die Rubicon is ‘n vlak rivier in Italië. Dit het in die Romeinse tydperk as belangrike grens gedien. Met die oorsteek van die Rubicon, het Julius Caesar konfrontasie uitgelok. Dit was onmoontlik om net weer terug te trek oor die Rubicon. Die stap het definitiewe implikasies gehad. ‘n Spreekwoord wat aan Julius Caesar toegedig word, ‘alea iacta est – the die is cast’, het sy oorsprong by die oorsteek van die rivier. Die latynse naam vir die rivier, ‘rubico’, word van ‘rubeus’ afgelei. ‘Rubeus’ verwys na ‘n rooi kleur en die rivier word so genoem, omdat die modder die water rooi kleur.

Die Rubicon-konsep het my die eerste keer opgeval na aanleiding van talle verwysing deur artikels en rubrieke na PW Botha se Rubicon-toespraak op 15 August 1985 in Durban. Pik Botha het die wêreld laat verstaan dat daar ‘n groot politieke verskuiwing sou plaasvind, maar daar het nie veel van gekom nie.

I Am an African

(deur Thabo Mbeki op 8 Mei 1996 in Kaapstad)

 

“I owe my being to the Khoi and the San whose desolate souls haunt the great expanses of the beautiful Cape – they who fell victim to the most merciless genocide our native land has ever seen, they who were the first to lose their lives in the struggle to defend our freedom and independence and they who, as a people, perished in the result.

Today, as a country, we keep an audible silence about these ancestors of the generations that live, fearful to admit the horror of a former deed, seeking to obliterate from our memories a cruel occurrence which, in its remembering, should teach us not and never to be inhuman again.”

 

Eerste Staatsrede in Demokratiese Suid Afrika

(deur Nelson Mandela in die Parlement in Kaapstad op 24 Mei 1994)

 

“The time will come when our nation will honour the memory of all the sons, the daughters, the mothers, the fathers, the youth and the children who, by their thoughts and deeds, gave us the right to assert with pride that we are South Africans, that we are Africans and that we are citizens of the world.

The certainties that come with age tell me that among these we shall find an Afrikaner woman who transcended a particular experience and became a South African, an African and a citizen of the world.

Her name is Ingrid Jonker.

She was both a poet and a South African. She was both an Afrikaner and an African. She was both an artist and a human being.

In the midst of despair, she celebrated hope. Confronted with death, she asserted the beauty of life.

In the dark days when all seemed hopeless in our country, when many refused to hear her resonant voice, she took her own life.

To her and others like her, we owe a debt to life itself. To her and others like her, we owe a commitment to the poor, the oppressed, the wretched and the despised.

In the aftermath of the massacre at the anti-pass demonstration in Sharpeville she wrote that:

The child is not dead
The child lifts his fists against his mother
Who shouts Afrika ! shouts the breath
Of freedom and the veld
In the locations of the cordoned heart

The child lifts his fists against his father
in the march of the generations
who shouts Afrika ! shout the breath
of righteousness and blood
in the streets of his embattled pride

The child is not dead
not at Langa nor at Nyanga
not at Orlando nor at Sharpeville
nor at the police station at Philippi
where he lies with a bullet through his brain

The child is the dark shadow of the soldiers
on guard with rifles Saracens and batons
the child is present at all assemblies and law-givings
the child peers through the windows of houses and into the hearts of mothers
this child who just wanted to play in the sun at Nyanga is everywhere
the child grown to a man treks through all Africa
the child grown into a giant journeys through the whole world

Without a pass

 

 

“In our dreams we have a vision of all our country at play in our sportsfields and enjoying deserved and enriching recreation in our theatres, galleries, beaches, mountains, plains and game parks, in conditions of peace, security and comfort.

Our road to that glorious future lies through collective hard work to accomplish the objective of creating a people-centred society through the implementation of the vision contained in our reconstruction and development plan.

 

Let us all get down to work!”

 

 

Afrikaanse weergawe van Ingrid Jonker se gedig:

 

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ‘n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ‘n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ‘n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder ‘n pas

 

John F Kennedy se inhuldigings-toespraak

(20 Jan 1961, Washington, D.C.)

 

And so, my fellow Americans: ask not what your country can do for you, ask what you can do for your country.

 

Die JFK-toespraak is ‘n verwysing na Khalil Gibran se skrywe:

“Are you a politician asking what your country can do for you, or a zealous one asking what you can do for your country? If you are the first, then you are a parasite; if the second, then you are an oasis in the desert”

 

Een van my vriende wys my onlangs daarop dat Kennedy die verantwoordelikheid laat verskuif het van die politici na die burgery of publiek deur Gibran se stelling aan te pas. Dit was die eerste keer dat ek so daaraan gedink het en dit het ‘n ander invalshoek aan die stelling vir my gegee.

Of Julius Malema se manne in die rooi oorpakke nou die president gaan stilmaak tydens die staatrede, sal ons maar moet wag en sien. Watter verskil dit vir die beeste in die beeskraal by Nkandla gaan beteken, sal ons moet wag en sien. Ek wonder of Pres Zuma rooi sien oor die EFF se aftelklok op hul webblad en of die hardehoede as wapens geklassifiseer gaan word. Ek wonder of die 2015 staatrede toespraak eerder gaan onthou word vir die dinge wat rondom die toespraak gebeur het as vir die toespraak self. Dit bly ‘n ope vraag of die politici die land dien en of die land eintlik die politici dien.

 

laat die kind kom

laat die kind kom na my Afrikaansklas
om sy taak oor Leipoldt
in swak skrif op rooi karton
naas plakkate van landmyne en handgranate
teen die muur te plak
laat die kind kom en my halssnoere
op die voorblad bespreek in Voorligting
laat die kind kom na my skoolsale
vol foto’s van Kruger tot Mandela
en Hoe groot is U sing

-deur Adriaan Coetzee uit Nuwe Stemme 5

 

Bronne:
1. Du Plooy H & Marais L, Nuwe Stemme 5, Tafelberg, Kaapstad, 2013
2. Internet. http://cdn.images.express.co.uk/img/dynamic/78/590x/mand-speech3-447158.jpg
3. Internet. http://en.wikipedia.org/wiki/I_Am_an_African
4. Internet. http://en.wikipedia.org/wiki/Rubicon
5. Internet. http://en.wikipedia.org/wiki/Wind_of_Change_%28speech%29
6. Internet. http://www.bdlive.co.za/opinion/columnists/2014/04/15/the-da-and-mbeki-you-be-the-judge
7. Internet. http://www.sahistory.org.za/article/state-nation-address-president-south-africa-nelson-mandela
8. Internet. http://www.sahistory.org.za/dated-event/pw-botha-gives-rubicon-speech-durban
9. Internet. http://www.sundayworld.co.za/shwashwi/2014/06/03/sa-s-first-ladies-of-fabulous-fashion—photos
10. Leroux E, Een vir Azazel, Human & Rousseau, Kaapstad, 1964

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Wicus Luwes. Om die Rubicon oor te steek in ‘n rooi oorpak”

  1. Johann Lodewyk Marais :

    Die konteks van Harold Macmillan se toespraak is fassinerend.

  2. marlise :

    Oor: Die skending van pers- en meningsvryheid by SONA 2015
    View this email in your browser

    Beste lid van PEN Afrikaans

    PEN Afrikaans spreek hiermee sy skok en verontwaardiging uit oor die wyse waarop die regte van joernaliste en LP’s gisteraand, 12 Februarie, geskend is voor die aanvang van president Zuma se toespraak in die parlement. Die blokkering van selfoonseine is ‘n blatante  vorm van sensuur wat inbreuk maak op die joernaliste se vryheid van spraak, en die publiek se reg om te weet wat tydens ‘n ope sitting van die parlement gebeur. LP’s is ook só verhoed om met hul kiesafdelings en ander te kommunikeer. Ons doen ‘n beroep op die Speaker om onverwyld ‘n ondersoek in te stel na die oorsprong van die blokkering, en die skuldige partye tot die uiterste te vervolg. 
     
    Hierdie soort lafhartige optrede herinner aan die ergste vergrype van die polisiestaat wat Apartheid-Suid-Afrika was. ‘n Party/regering wat vryheid van spraak en die mening van die volk tot so ‘n mate vrees dat hy die selfoonseine van die pers en parlementariërs blok, bevorder nie die demokratiese proses nie en kan nie vertrou word om na die belange van die land om te sien nie.

    Met vriendelike groete
    Kerneels Breytenbach
    Voorsitter: PEN Afrikaans

     

  •