Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 February 2015

Persverklaring. Orde van die Beiteltjie 2015

ORDE VAN DIE BEITELTJIE 2015

Dr Fanie Marais is sedert 1990 aktief betrokke by die bevordering van Afrikaanse woordkuns met veral klem op ontluikende woordkunstenaars. Dit het in 2000 die oprigting en befondsing van Cordis Trust met slagsin uit die hart tot gevolg gehad met oogmerke deernis-, Afrikaanse woordkuns- en geestelike projekte. In 2010 is begin met Orde-toekennings in woordkuns (24 tot op datum). In 2011 is Cordis Trust Publikasies as nie-winsgewende nisuitgewer geskep om meer geleenthede te bied, veral vir aspirant-woordkunstenaars.  Met die aanbreek van 2015 kyk hy terug op 25 jaar van persoonlike betrokkenheid, waarvan 15 jaar as uitvoerende trustee van Cordis Trust. By dié geleentheid word talle orde-toekennings gedoen, waarvan die Orde van die Beiteltjie ‘n nuwe inisiatief is.

Een van die mikpunte van die Cordis Trust is die bevordering van die Afrikaanse taal deur skeppende werk in die dig-, prosa-,drama-, lirieke en beeldende kuns en kultuurbevordering te fasiliteer, aan te moedig, te beloon, toegang tot publikasie te verleen en talentvolle potensiaal te identifiseer en ontwikkel.

ORDE VAN DIE BEITELTJIE 2015

DEURLOPENDE YWER IN DIE BEVORDERING VAN AREAS VAN DIE AFRIKAANSE WOORDKUNS

Uysie Alberts

 Ywerige fotograaf (met plasings op www.mylandsa.co.za) en digkunsbydaes (fb Puur Plesier)

Nini Bennett

 Gepubliseerde skryfster/digteres en Carpe Noctem Digakademie. Wenner RAU debuutprys

René Bohnen

Gepubliseerde digteres, mentor vir aspirant-digters, navorser

Marie Bredenkamp

 Digteres, persoonlike blog Sprokkelhout en Splinterglas, aktiewe deelname en mentorskap van die fb digblad Puur Plesier

Kobus Burger

 RSG Dramakuns

Annalie Calitz

 Digteres (o.a.Die Woordgilde), afgetrede bibliotekaresse, met gemeenskapsbetrokkenheid

Clinton du Plessis

 Bekende digter met talle publikasies

Rev Roy Glover & Susan

 Bethesda gevangenisbediening en toepaslike Christelike publikasies

Lisa Hänggli (Lorenz)

 SA gebore operasangeres in Zurich. Skepper van mondverse, toonsettings van Afrikaanse gedigte

Martin Jansen

 Radio Pretoria, bevorderaar van woordkuns

Leti Kleyn

 Bekende in woordkunsbevordering, skryfgids, nuwe stemme en aktief in gemeenskapsbetrokkenheid

 Jopie Koen

 Sinoniem met teaterwerk (sedert 2003 Pierneefteater) en gemeenskapswerk. Medewerkster van Cordis Trust sedert die stigting

Helena Liebenberg

 Taalkundige, digteres en navorser in die brontaal. Stigterslid Tracing History Trust

Myra Lochner

 Kreativ SA uitgewer, skryfterapie en gemeenskapsopheffer. Skryfster/digteres en Outeur van Wonder in 2014. Stel saam en publiseer kwartaalliks Toek-A-frikaans (kultuurhistoriese gedigte en vertellings). Medewerkster van Cordis Trust sedert die stigting

Danie Marais

Gepubliseerde digter, keurder en bestuurder PEN Afrikaans

Mellet Moll

 Stigter Carpe Noctem digbevordering, debuut drieluik 2014 Heilige Meetkunde, Swanesange en Nalewe.

Jo Prins

 Boekeredakteur Media 24

Ian Raper

 Akademikus, digter (Oorlopers) , aktiewe bevorderaar van dig- en skryfkuns en die eienaar van die onafhanklike uitgewer Rosslyn Pers

Ilse Salzwedel

 Skrywers en Boeke, RSG

Lieze Stassen

 Sangeres en Liriekskryfster

Gisela Ullyatt

 Akademikus en aktiewe bevorderaar van Afrikaans op verskillende platforms

Karlien van der Merwe

Gepubliseerde skryfster/digteres, met gemeenskapsbetrokkenheid

Annemarie van der Walt

 Vryskutskrywer, gereelde rubrieke in Beeld

Lidi van Schalkwyk

 Veelsydige skeppende kunstenaar met woord in beeld

*

(c)  Trust IT 175/00 NPO 066-689

www.cordistrust.co.za

16 Februarie 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wenners van die Beeldgedigkompetisie!
Persverklaring. Orde van die Goue Pen 2015 →

9e gedagtes oor “Persverklaring. Orde van die Beiteltjie 2015”

  1. Maria Snyman says:
    18 February 2015 at 17:56

    Geluk aan aan al hierdie, om dit in Ina Rousseau se “Klip” se woorde te stel:

    “Katerdrale en kruike,
    Sonnewysers, suile,
    Rotse en obeliske”

    wat “hulle vorms” van Afrikaans so

    “Teen die eindigheid

    Uit”

    “beitel”!

    Cordis Trust begryp duidelik iets van die “naby, baie naby aan die aarde” klipperige karakter (vergelyk Derrida se opstel “What is poetry?”) van Afrikaans (Derrida vergelyk posëie met ‘n krimpvarkie wat ‘n snelweg kruis en wat, as hy die gevaar hoor nader kom, homself oprol en sy penne wys!).

    Reply
  2. Ellen Margaret Hancke says:
    18 February 2015 at 01:56

    Ontsaglik trots op die beitelaars … Cordis Trust en Fanie Marais verdien applous! xxx

    Reply
  3. Ian says:
    17 February 2015 at 13:14

    Geluk. Dankie.

    Reply
  4. Buiteblaf Breytenbach says:
    17 February 2015 at 11:29

    Geluk aan al hierdie voorbeeldige beitelkappers. Julle is die sout van die taal wat menswees smaak gee!

    Reply
  5. Lieze Stassen says:
    17 February 2015 at 11:09

    Baie dankie aan Dr Fanie Marais en Cordis Trust vir hierdie groot eer en voorreg wat my te beurt geval het … “soms raak my sinne kort, my note min, my woorde op” … hierdie is een van daardie kere. Baie geluk ook aan al 24 ander Beiteltjie-draers. Afrikaans is my hart se taal, my moedertaal … my taal. My note is die voertuig van my en ander se woorde.Wat ‘n voorreg om deur musiek nuwe harte te kan oopsluit vir my taal.

    Reply
  6. Nicolette van der Walt says:
    17 February 2015 at 11:03

    Tikfoutjie: “ontvangers” 🙂

    Reply
  7. Nicolette van der Walt says:
    17 February 2015 at 10:34

    Baie hartlik geluk aan al die ontvangers van die Orde van die Beiteltjie!! Geluk ook aan Cordis Trust vir die wyse waarop bydraers aan die bevordering van Afrikaans erken word, sowel as die geleenthede wat Cordis Trust skep. Mag julle voortgaan met slypwerk. Ek is bevoorreg om die meeste van die ontvangs persoonlik te ken.

    Reply
  8. Gisela Ullyatt says:
    16 February 2015 at 23:20

    ‘n Inisiatief soos dié is waar ons vordering maak: daar word nie net oor Afrikaans gepraat nie, maar daadwerklik iets gedoen. Afrikaans word letterlik uitgebeitel uit vele fondamente. Dalk begin ek nou eers iets van Van Wyk Louw se’ beiteltjie’ verstaan, wat ek twintig jaar terug as voorgeskrewe gedig nie kon begryp nie. Afrikaans is die kokende see, die afgrond, maar ook die spleet deur die aardkors (die zen van die woordbrein?) Mag jou beiteltjies nóg groter woordklippe kap, Fanie Marais. Geluk aan al die ontvangers.

    Reply
  9. Myra Lochner says:
    16 February 2015 at 21:46

    ‘n Kwarteeu van deernis en uitnemedheid. My hartlike gelukwense aan Fanie Marais van CORDIS TRUST, wat stukrag gee aan skep, en aan elke Orde-ontvanger en -medewerker, wat deur hul dagtaak die Uit-die-Hart-gesindheid leef. Maak ‘n verskil, nie net daar waar die beiteltjie klink nie, maar ook daar waar die hart verslae is en waar hoop taan. KREATIV-groete, Myra

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d