Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 July 201511 July 2015

Hennie Nortjé. Sy

Sy

 

Daar is ‘n roering in die moerbeibome,

die spinners woel onverpoos.

Uit die skadu van die Groot Muur

wieg kamele oor klipwoestyne,

dag vir dag teen slakkepas

na die slaapplek van die son.

 

Deur Persië se groen valleie

verby die brons duine van Arabië

kruier die aaneengeweefde rye

tot in Sidon aan die turkoois see.

 

Spoedig fletter seile, beur spane,

eers na Kition, dan Miletus, Korinthe

en met die guns van Poseidon,

deur Herkules se pilare

tot aan die  kus van Lusitanië

waar die gesogte vrag oplaas ontskeep.

 

En só met die Gilāo se silwer kronkels

al verder stroom-op van Tavira

kom haar geskenk uiteindelik aan

hier op die markplein van Evora,

 

sodat, geliefkoos deur die oostebries,

die vergulde windsel net genoeg onthul

om my beitel ongekaarte paaie langs te lei.

Want hierdie newellige lyne moet ek

tot aan die einde van tyd voort laat reis:

’n speelse glimp vir dié hierná

om ook so agterna te staar –

hoe ragfyn sy, vir die ene-oë bly skyn.

 

© Hennie Nortjé / 2015

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Nortjé. Twee gedigte
Hennie Nortjé. L’ Agulhas: Vrydag, 13 November 2015 →

7e gedagtes oor “Hennie Nortjé. Sy”

  1. maryna wasserfall says:
    17 July 2015 at 18:28

    hierdie is heen literere kommentaar Hou van die mistiek en speelsheid

    Reply
  2. lindie says:
    14 July 2015 at 15:26

    Weereens skitterend Hennie! Ek dink jy beskryf presies wat jy wou uitdruk met treffende beskrywings!

    Reply
  3. Maria Snyman says:
    13 July 2015 at 15:15

    Lieflike gedig Hennie. En ek kan jou laat weet ek stem nie saam met Myra nie, beide die reëls
    “om my beitel ongekaarte paaie langs te lei.” en
    “hoe ragfyn sy, vir die ene-oë bly skyn.” werk baie goed vir MY. (Die harde klanke in “ongekaarte” akkordeer met daardie “beitel”, en “ene-oë” is een ding, so een woord [net met koppelteken om verwarring te vermy]).
    Die prent van die reliëf bo laat my dan ook dink aan my nuutste ontdekking, naamlik die verhaal van Gradiva, deur Wilhelm Jensen. Is jy bekend daarmee? En dan veral ook “Delusion and Dream. An Interpretation in the Light of Psychoanalysis of Gradiva” van Freud&Jensen. Die verhaal speel ook in op daardie “speelse glimp vir dié hierná”; die Gradiva reliëf “bly skyn” “vir die ene-oë” van die argeoloog Dr Norbert Hanold. Ek wil niks meer sê nie. By http://www.gutenberg.org kan mens Delusion and Dream… gratis aflaai.

    Reply
  4. Balt Verhagen says:
    12 July 2015 at 08:20

    Hennie.

    Jou naam is vir my bekend maar ken jou werk nie. Dis die eerste – vermoed ek – van jou gedigte waarmee ek kennis maak en sjoe! dis meesterlik. Jy benut die besondere soepel poëtiese moontlikhede van Afrikaans ten volle en spin ‘n syde gedigteweefsel vloeiend om hierdie bespiegeling oor ‘n geskiedkundige aaneenskakeling van menslike vaardighede. Dit werk op sóveel vlakke. Gaan jou verder ontdek.

    Het bly vashaak in die Afrikaanse klassieke (tot, sê, die sewentiger jare – wat mens van ‘n ou man kan verwag/verstaan) en het enigsins afkerend/-keurend teen flardes van onlangse taal ge-/misbruik te staan gekom.

    Het eers onlangs Versindaba ontdek en dit het my al gou my tot jou drumpel gelei. Nuwe besieling vir een wat Afrikaans as sy moedertaal beskou, al was dit nie sy moeder se taal nie.

    Reply
  5. Heliflute says:
    11 July 2015 at 17:29

    Kan met net Groter waardering na SY kyk.

    Reply
  6. Hennie says:
    11 July 2015 at 10:23

    Waardeer die kommentaar opreg. Met elke woord gesukkel sover.

    Reply
  7. Myra Lochner says:
    11 July 2015 at 09:26

    Pragtig atmosferies. Dankie!
    Suggestie: ek sou “ene oë” nie koppel nie en met hardop lees, dwing die tong na oosterbries.
    Ek hou nie van “ongekaarte” nie; maar dis maar persoonlike voorkeur; daardie woord is vir my so verslete.
    Die gedig in sy geheel is egter vir my lieflik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d