Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 20153 August 2018

Nini Bennett. Misdaad, relieke en die digkuns van Bonnie Parker

Misdaad, relieke en die digkuns van Bonnie Parker

Op 23 Mei 1934 is Bonnie Parker en Clyde Barrow doodgeskiet tydens ’n polisiehinderlaag in Louisiana. Die legende van Bonnie en Clyde word reeds vir 81 jaar herdenk as simbool van opstand teen kapitalisme, die verarming van die werkersklas en onderdrukkende establishmentstrukture. In die sestigerjare was dié berugte paartjie onder intellektuele in die VSA ’n eksponent van verset teen die oorlog in Viëtnam. Dit is belangrik om te noem dat die digterskap van Bonnie ook deel van laasgenoemde kultus-sieninge vorm.

Bonnie is ’n digter wat buite enige literêre kanon staan en haar gedigte kan gesien word as uitdrukking van protes teen veral die groot geldmagte in Amerika. As sulks kan dié gedigte geklassifiseer word as gangster-poësie van die 1930’s. Haar handgeskrewe en getikte gedigte is intussen vir duisende dollar op publieke veilings verkoop waar daar gebie is op gangster-memoribilia. Só het Butterfields in April 2000 ’n veiling gehou waartydens Bonnie se een notaboek met handgeskrewe gedigte opgeveil is vir $20 000. Enkel gedigte is verkoop teen ongeveer $5 000 stuks, tesame met ’n (bebloede) hoed van Bonnie, ’n sakhorlosie van Clyde, en ’n koeëlvaste baadjie van die bankrower John Dillinger. Die hoogste bod is egter toegestaan op Clyde se vuurwapens, wat in die Ford-voertuig, waarin die twee gesterf het, gevind is (die wapens is vir tussen $100 000 en $200 000 verkoop). Laasgenoemde Ford is in 1973 reeds opgeveil vir $175 000.

Die waarde van Bonnie se gedigte is beïnvloed deur die legende rondom hulle lewe en dood; die Groot Depressie van die dertigerjare, wat ongeveer 13 miljoen mense werkloos gelaat het in die suidwestelike dele van Amerika; die onbevoegdheid van die polisie om die hoë misdaadsyfer in toom te hou (daar was in 1933 12 000 moorde en 50 000 rooftogte in die VSA); Bonnie en Clyde se ontduiking van die gereg en die wyse waarop hulle owerhede uitgetart het; en hoe die invloede van films en boeke oor hulle glorieryke misdaadloopbane uiteindelik populêre musiek, die media, modes en ander sub-kulture beïnvloed het.

Volgens antropoloë kan die items wat opgeveil is, as relieke gesien word. Weliswaar nie dié van heiliges nie, maar van twee persone wat oor magiese of buitengewone vermoëns beskik het. As twee anti-helde het Bonnie en Clyde heroïese status geniet: die polisie kon hulle nooit vang om voor ’n strafhof te daag nie. Die publiek het ook kritiek gelewer op die oneerlike wyse waarop hulle in ’n hinderlaag gelei is – ’n ooggetuie wat Bonnie en Clyde versteek het, is deur die polisie van die pad afgedwing en geboei aan ’n boom. Eindelik het hy geswig onder polisiebrutaliteit (wat daardie jare nog nie ’n naam gehad het nie), en voorgegee dat hy ’n pap wiel het. Ses polisiemanne het weggkruip in digte bosse, en Clyde het stilgehou om sy vermeende vertroueling met die wiel te help. Die ses geregsdienaars het onophoudelik gevuur met masjiengewere en pistole – en selfs aanhou skiet lank nadat Bonnie en Clyde doodgelê het in ’n vagevuur van koeëls. Deur relieke van ’n misdadiger te koop, word daar besitterskap oor die “gejagde” persoon geneem; die besitter konsumeer ook as’t ware die misdadiger en die relieke dien as trofeë vir die eienaar. ‘n Ander dryfveer is uiteraard die intense bewondering wat mense vir Bonnie en Clyde gehad het. Gedigte (estetiese artefakte) is ongewone items om op ’n veiling van kriminalistiekverwante items aan te tref, en die eklektiese waarde van Bonnie se gedigte was uiteraard hoog.

Hier is ’n voorbeeld van ’n handgeskrewe gedig waarop die polisie beslag gelê het in ’n woonstel waar Bonnie en Clyde geskuil het, maar betyds gevlug het. Daar is ook beslag gelê op kamerafilms, en die gedig Suicide Sal plus die meegaande foto het in 1933 in die Joplin Globe verskyn. Daarna het dit gesirkuleer na gesaghebbende koerante.

 

Dit gebeur selde dat ’n gedig deel vorm van identifikasiebewysstukke van misdadigers, en die polisie en publiek het kop gekrap oor die eienaardige foto en Bonnie se somber pennevrug. Dié gedig is ironies genoeg in ’n rekeningkundige boek geskryf!

Nadat die misdaadpaartjie 12 mense doodgeskiet het tydens die rooftogte van banke, vultasies en winkels, het hulle ’n nomadiese vlugtelingbestaan begin voer. Clyde was ’n goeie motorbestuurder en het gespog dat die polisie met minderwaardige voertuie ry (Plymouth en Chevrolet), teenoor die talle voortreflike Ford’s wat hy gesteel het. In 1934 skryf hy die meegaande brief aan Henry Ford.

Clyde het nie sy skoolloopbaan voltooi nie. In teenstelling hiermee het Bonnie op skool pryse gewen vir skryfkuns, goeie vordering en spelling. Haar jeugdrome om ’n aktrise, sangeres of digter te word kom tot uiting in haar verse wat getuig van teatrale ekshibisionisme, en waarin sy denkbeeldige gehore toespreek. Bonnie het aanklank gevind by misdaadhelde soos Jesse James, Billy the kid en Belle Starr. Sy het waarskynlik die stylelemente van die ballades van die laat 1800’s geken, maar was onder die invloed van strooiliteratuur en kriminele straattaal. Vervolgens een van Bonnie se bekendste gedigte:

The Story of Bonnie and Clyde

 

You’ve read the story of Jesse James

how he lived and died;

If you’re still in need

Of something to read,

Here’s the story of Bonnie and Clyde.

 

Now Bonnie and Clyde are the Barrow gang,

I’m sure you all have read

How they rob and steal

And those who squeal

Are usually found dying or dead.

 

There’s lots of untruths to these write-ups;

They’re not so ruthless as that;

Their nature is raw;

They hate all the law-

The stool pigeons, spotters, and rats.

 

They call them cold-blooded killers;

They say they are heartless and mean;

But I say this with pride,

That I once knew Clyde

When he was honest and upright and clean.

 

But the laws fooled around,

Kept taking him down

And locking him up in a cell,

Till he said to me,

“I’ll never be free,

So I’ll meet a few of them in hell.”

 

The road was so dimly lighted;

There were no highway signs to guide;

But they made up their minds

If all roads were blind,

They wouldn’t give up till they died.

 

The road gets dimmer and dimmer;

Sometimes you can hardly see;

But it’s fight, man to man,

And do all you can,

For they know they can never be free.

 

From heart-break some people have suffered;

From weariness some people have died;

But take it all in all,

Our troubles are small

Till we get like Bonnie and Clyde.

 

If a policeman is killed in Dallas,

And they have no clew or guide;

If they can’t find a fiend,

They just wipe their slate clean

And hang it on Bonnie and Clyde.

 

There’s two crimes committed in America

Not accredited to the Barrow mob;

They had no hand

In the kidnap demand,

Nor the Kansas City depot job.

 

A newsboy once said to his buddy:

“I wish old Clyde would get jumped;

In these awful hard times

We’d make a few dimes

If five or six cops would get bumped.”

 

The police haven’t got the report yet,

But Clyde called me up today;

He said, “Don’t start any fights –

aren’t working nights –

joining the NRA.”

 

From Irving to West Dallas viaduct

Is known as the Great Divide,

Where the women are kin,

And the men are men,

And they won’t “stool” on Bonnie and Clyde.

 

If they try to act like citizens

And rent them a nice little flat,

About the third night

They’re invited to fight

By a sub-gun’s rat-tat-tat.

 

They don’t think they’re too tough or desperate,

They know that the law always wins;

They’ve been shot at before,

But they do not ignore

That death is the wages of sin.

 

Some day they’ll go down together;

And they’ll bury them side by side;

To few it’ll be grief-

To the law a relief-

But it’s death for Bonnie and Clyde.

 

Nadat Bonnie en Clyde in Mei 1934 neergevel is in ’n hinderlaag, het daar binne ure ongeveer 12 000 mense saamgedrom rondom die koeëldeurboorde motor. Chaos het uitgebreek. Lede van die publiek het mekaar verdring met skêre om van Bonnie se haarlokke en repe uit haar en Clyde se bebloede klere te sny. Hulle het selfs die glasskerwe van die motorruite op die pad opgetel as aandenkings of relieke. Die volgende oggend is die paartjie se lyke in staatsie gelê – en 30 000 mense het kom kyk: ‘n rare eer wat twee misdadigers te beurt geval het. Bonnie se gedig, The story of Bonnie and Clyde gee dan ook ’n self-ironiserende en amper profetiese wending aan die lewe en dood van twee van die bekendste misdadigers in menseheugenis.

Ná die film Bonnie and Clyde (1967) het die Bonnie en Clyde-legende ‘n nuwe impetus gekry. Maar terug na relieke: Bonnie en Clyde se wasbeelde is te sien in die Historical Wax Museum in Grand Prairie. Op die sosiale media van 2015 word daar steeds hulde gebring aan dié berugte paartjie, en foto’s van hulle lyke op die internet lok ’n reuse aantal besoekers. Die unieke digterskap van Bonnie Parker leef voort in die publieke domein as die relieke van ’n misdadiger, aangevuur deur die aweregse oorlewering van Bonnie en Clyde se legendariese status.

Bronnelys

Treherne, J. The strange history of Bonnie and Clyde. New York: Cooper Square Press, 2000.

Bonnie and Clyde. Warner Bros. Seven Arts (rolprent) 1967.

http://texashideout.tripod.com/Auction.html (besoek 23 Mei 2015)

http://www.wealthwire.com/news/liberty/3502 (besoek 23 Mei 2015)

*

(Nini Bennett is vandeesmaand ons gasblogger op Versindaba – Redaksie: Versindaba)

Nini Bennett

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 1) →

4e gedagtes oor “Nini Bennett. Misdaad, relieke en die digkuns van Bonnie Parker”

  1. Ester le Roux says:
    7 June 2015 at 09:38

    Baie dankie, Nini, vir ‘n boeiende stuk – interessante, nuwe kennis vir my. Puik skrywe.

  2. Nini Bennett says:
    5 June 2015 at 08:20

    Baie dankie vir interessante kommentare, Sigeuner en Yolanda!

  3. Yolanda Steyn says:
    3 June 2015 at 20:12

    Baie dankie, Nini, vir ‘n insiggwende en boeiende blog waarin die standaard literêre diskoers ‘n geheel ander wending kry deur stof vanuit die misdaadwêreld voor te hou. Ek het jou bundel, Boekstaaf, baie geniet, veral omdat jy reeds daarin ‘n pad aandui waarin digters soms ook misdaadverslaggewers word en bekende oomblikke uit die misdaadwêreld op ‘n unieke wyse verdig (soos byvoorbeeld jou gedig oor J.Edgar Hoover). Ek vind die literêre diskoers partykeer baie traag en inert, amper soos ‘n jazz-musikant wat in ‘n sekere sleutel begin speel en dan volg al die ander groeplede dit na totdat die tema uitgeput is. Wat jy hier doen is egter verfrissend en kontekstueel ruim.

  4. sigeuner says:
    2 June 2015 at 13:31

    `n Puik stuk oor Bonnie en Clyde en hoe digkuns vervleg was in Bonnie se lewe. Dit bewys ook dat digkuns nie beperk is deur jou stand in die samelewing nie, maar hoe jy dinge ervaar en weergee. Die gedig (The story of Bonnie and Clyde) is nogals uitdagand, nes hulle lewe saam was.
    Die stuk is intense leesstof. Laat my dink aan fynbesnaarde digters wat ook wreed kan wees – nes die AWB se voormalige leier, oorlede Eugene Terreblance, wat ook `n tronkvoël was, maar die wonderlikste gedigte kon skryf.

Kommentaar is gesluit.

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d