Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 2015

Nuwe publikasie: Voor-bode (Cas Vos)

Omslag

Voor-bode

Cas Vos

 

Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Dié tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.” Alhoewel die nag, donkerte, pyn en ellende die grondstof van baie gedigte is, word hierdie gegewe as die vertrekpunt na iets anders gesien, soos Plato se grot in die gedig “In die begin …”. Hier, “waar misteries teen die wand flikker”, het die spreker reeds “voorspooksels” gekry van sy taak. Uit hierdie donker maar veilige ruimte word die mens van sy geboorte af met al sy erflike belastheid gestoot om met sy woorde die wêreld te verken, sy ervarings op te teken en ’n boodskap oor te dra. Saam met ander bodes, soos engele, heiliges, skeppers en geliefdes verken die bundel oorloë, rampe en pyn, maar ook liefde, medemenslikheid en skoonheid. Ten slotte bely die digter dat al sy vermoëns net “ten dele” is, maar dat hy wel verskans is teen die pyn van ’n geknakte liggaam “tot die volheid my / onverhoeds verras.”

            Die bundel bevat ’n aantal knap vertalings uit die werk van die Griekse digters Konstantinos Kavafis en Giorgios Seferis, wat in aansluiting met die temas van die digter se eie werk deur die bundel versprei is.

 

OOR DIE OUTEUR

Cas Vos het reeds sewe digbundels op sy kerfstok en het naas poësie ook teologiese publikasies die lig laat sien. Sy vertaling uit klassieke Grieks, Fragmente van die Ilias (2014), sy mees onlangse literêre werk, is goed deur die kritiek en die publiek ontvang. (PRYS: R180.00 (BTW ingesluit), FORMAAT: 213 x 137 mm, Sagteband, pp 140, ISBN: 978-1-4853-0542-2 (gedrukte boek), 978-1-4853-0543-9 (e-boek), 978-1-4853-0544-6 (ePub), Protea Boekhuis, 2015.)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Nuwe publikasie: Voor-bode (Cas Vos)”

  1. carina says:
    7 October 2015 at 12:11

    Baie geluk, Cas, met hierdie nuwe bundel! Wat ons deel is ‘n geïnteresseerdheid in Griekeland en die Griekse kultuur en letterkunde. Ek lees op die oomblik die “Ilias” en begin vermoed dat die Ou Testamentiese skrywers hulle bloedige taferele “afgekyk” het by Homerus. Soos wat die “langharige Grieken” en die “paardentemmende Trojanen” mekaar te lyf geloop het, het ek nog nooit so bloeddorstig in my gesig te lese gekry nie!

    Reply
  2. Louis Pienaar says:
    2 October 2015 at 10:53

    Ek sien baie uit na die bundel!! Baie geluk, Cas Vos.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d