Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 November 2015

Nuwe publikasie: Atropos (Hendrik J. Botha)

Atropos

Atropos

Hendrik J. Botha

Soos die draad van die menslike lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, só verloop hierdie debuutdigbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor liefdeswedervaringe en die mediese professie tot by die punt waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies.

Die wêreld van die geneeskunde word ryklik ontgin met gedigte wat strek van die toediening van narkose tot orgaanoorplantings. By uitnemendheid is die gedigte in Atropos noukeurige waarnemings van die natuurlike en die menslike kondisie.Hierdie is die gedigte van ’n fyn stilis, gekenmerk deur die vernuftige interaksie tussen betekenis en klank.

“Daar is geen twyfel oor die hoë standaard van hierdie bundel nie; ’n ware vonds vir die Afrikaanse digkuns” – Henning Snyman

.

Morfinis

By ’n nagedagte aan Eugène N. Marais

.

Eeue terug uit papawersaad gepars

drup die amber nou sinteties

teen die pyn,

laat jou op die koop toe

op wolke loop,

raaisels ontknoop

deur al hegter te bind

met reseptore in die brein,

tot die spel hom uiteindelik voltrek:

’n dubbelslag uit ’n twaalfboorloop.

.

Narkose

’n Stem stel jou gerus,

’n anonieme naald se prik

laat jou dobber soos ’n vissersboot

of wandel op die water.

Tussen rots en klip

lê jy uiteindelik gestrand,

verblind deur kuswagligte

wankel jy aan land.

(Uit: Atropos, Quillerie, 2015)
.

Biografiese inligting: Hendrik Botha het aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom gematrikuleer. Hy het medies aan die Universiteit van Pretoria studeer en later gespesialiseer in narkose. Hy praktiseer as spesialisnarkotiseur, eers in Klerksdorp en nou in Pretoria. In 2013 verwerf hy ’n MA (kreatiewe skryfkuns) aan die Universiteit van Kaapstad. [Queillerie, 2015; Prys : R175, Bladsye : 96, Sagteband; ISBN-13 : 9780795801020, Epub-ISBN : 9780795801037.]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Hendrik J. Botha (Atropos) →

1e kommentaar op “Nuwe publikasie: Atropos (Hendrik J. Botha)”

  1. Annita Visagé says:
    27 November 2015 at 11:04

    Met waardering vir sulke woordkuns. Dis verrykend!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d