Botaniesetuin-rondeau
(Potchefstroom)
Die tuin wil wildernis, gaan bloumagriet
op suiderberge; wil gaan soetgousblom
op bontebok se wei. Ou vaarlandswilg ver-
lang rivier, stoot vrug vir bonthoutkappers.
Die tuin wil véld-in gaan karee en doringboom.
Die weerstasie hier (pypinsek-by-vywer!)
wil snap wat paddas langs rivíére paar-
manel laat dra, paddapoësie laat praat.
Die tuin wil wildernis.
Bitterwortel, kalahari-ver vandaan,
staan tuitblom – soos bergtee, sand-ui, vlei-aandblom.
’n Lánd biome word van hier bedroom.
Die wetenskap wil weet wat sonder hom
gebeur; vers beklink wat haar te buite
gaan. Tuin wil wildernis.
© Bernard Odendaal / 2016
Bernard, ‘n treffende gedig.
Dankie, Bernard. Sjie, die rindeau ste nog uitdagings, nè?