Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 December 201510 December 2015

Bernard Odendaal. sehnsucht

sehnsucht

 

verlange   nie van hier en nou eens naby nie

beur uit die nes van jou omhelsings   aartsverlater   sy reikhals swaanmooi

heen ’n trekvoël nie van hier nie nou of

digby nie

 

haar hunker-

sug

hang windstilswaar   daar waar sy weggefletter het

uit die geknak-

te takelwerk van spookskip lengte-van-dae

 

jy gaan tuisteskep dus metterwoon jou liefhê uit die gemis

maak loopbaan al oor die spoor van die vergetelheid

jou oog op aldag en sy wonders (dogtertjies-met-haarstrikke)

 

dan kom daar poskaarte uit vanouds   van gunter af

jou kop glip naweke weg   kantien toe op vergesog   na hotel afgeleef op êrens

weke wil jy vort   jy wil hoor sy wás daar ja   ge-hitchhike glo   of ysterperd gery

dwaaldolla oor wie elke tweede jan rap sad stories weet te verkoop

 

jy gaan sit in leë kerke waar jy vermoed sy kon gewees het

bedeloos

omwille luisterryke swyes

.

in ’n lughawe se vertreksaal

teen hoë digte vensters langs

iewers aan die einde van ’n somer

volg jou oë om en om ’n onbegonne trekswaelvlug

 

in tale aan die kwyn   haastig of langsamerhand   reis jy verslangs

onweerstaanbaar toe   na digterby en raakgesê

maar sy is soek in elke gedig

 

verseindes skiet te kort   immer sy weet dat eindes eintlik oop

soos einders is   waar jy ’n sin wil toeknoop by die punt   daar glip

verlange

 

uit

 

jul skandekind   ontdek jy op ’n dag   dool

in jou voortuin rond   kaal en maer   huil-huil

hier   nou

 

 

© Bernard Odendaal / 2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Bernard Odendaal. Botaniesetuin-rondeau →

2e gedagtes oor “Bernard Odendaal. sehnsucht”

  1. Bernard Odendaal says:
    26 February 2016 at 11:20

    Dankie, Maria. Ek het so lank nagelaat om op jou kommentaar te reageer. jammer daaroor! Dis altyd lekker om te verneem dat ‘n mens se verse vir ander iets beteken.

    Reply
  2. Maria Snyman says:
    10 December 2015 at 22:19

    Sjoe, Bernard, wat ‘n gedig vir so vandag met die stories oor afgedankte Nene?! Iets lieflik ligs so deur die sehnsucht deur? Ek het toevallig net ‘n rukkie gelede jou “Die kind is steeds nie dood nie” op my Facebook aangehaal?!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d