Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 March 201623 March 2016

Bernard Odendaal. Romeinse offisier by die Kruis

Romeinse offisier by die Kruis

 

Hy hang voor my

het net gevra: vergeef hul, God

toe ek hom vas laat kap, laat spot

 

Hy hang voor my

met “Koning van die Jode”-klag

gedoringkroon; ’n lam, geslag

 

Hy hang voor my

roep skor ’n “Eloï” se naam

en donker wolke pak nou saam

’n duisternis pak dikker saam

 

Hy hang voor my

en prewel hy’s van God verlaat

(net ek is hier om mee te praat)

 

Hy hang voor my

verpletter, arms oopgevlerk

’n blote karkas – rou soldatewerk

 

Hy hang voor my

en fluister iets aan my oor dors

Die sponswyn druppel oor sy bors

en spat oor mý gesig en bors

 

Hy hang voor my

en kyk my innig aan deur bloed

Die dank spring op in my gemoed

 

Hy hang voor my

en asem uit: “Dit is volbring”

Ek voel ’n skudding als deurdring

 

Ek staan voor hom

en hoor Jerusalem se kreet

en dan iets diep in my wat weet:

Ek staan voor Hóm!

Die seun van God,

ek staan voor Hóm!

 

© Bernard Odendaal / 2016

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bernard Odendaal. Botaniesetuin-rondeau
Bernard Odendaal. Kleitrap met die verlede tyd →

1e kommentaar op “Bernard Odendaal. Romeinse offisier by die Kruis”

  1. Margot Luyt says:
    23 March 2016 at 08:28

    Op Goeie Vrydag om 11:00 lees ons hierdie aangrypende vers van Bernard op RSG voor op ons spesiale Vers en klank. Luister.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d