Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 20169 March 2016

Danie Marais. Dreaming of not another white Christmas

Dreaming of not another white Christmas
Dis weer wit en bevoorreg Kersfees in Afrika

maar die tweede revolusie steek op en dit pla my

dat dit my nie meer pla nie dit pla my

dat dit my nie pla dat ek so lanklaas iets

probeer skryf het nie.

 

Joni Mitchell se “River” roep veraf na my

voor die liggiekrans van die Chinese Crazy Store wat voor

my voorstedelike diefwering flikker en ek besef

dis te laat en niks is glo erger as te laat nie,

maar ook dit skud my nie soos dit moet nie.

 

Ek gee nie genoeg om om dronk te word of te huil nie.

 

Die whisky brand of blus niks in my nie Joni se begeerte

om weg te skaats op ’n ysrivier klink absurd ek is nie meer deurtrek

van verlange nie ek kan my nie meer beter elders

verbeel of my “privilege”  op Gumtree verkoop nie daar’s niemand

op eBay wat my Afrikanerskap wou hê nie.

 

Dis nie ’n geval van easy come, easy go hierdie nie –

dis ’n aangebore siekte wat jy jou kinders gee dié

jy kan dit nie saam met jou besittings op die 7-uur nuus

in Afrikaans uitdeel en vergewe word in die honger oë

wat jy oral ontmoet nie kyk almal regtig

beskuldigend, wantrouig na my of is ek besig

om saam met almal mal

te word?

 

Ek probeer dus waardig sug en staar dis darem tradisie

vir my om Oukersaand só

met ’n klingelende glas te sit

asof ek dink oor iets om te skryf asof

iets my pla

maar tot die revolusie die huis kom vat

en my of ’n kind vermoor

of ek my joppie verloor

of die rand finaal vrek en die krag

heeltemal met die water verdwyn

kan ek nie kla nie is ek

vir alle praktiese doeleindes

werklik geseënd of perfek ironies vervloek.

 

Ek sit net met ’n wit velprobleem wat nie

wil opklaar nie en dis Kersfees

en ek’s ’n pappa en ’n man en die Ander vir baie ander

en daar’s niks wat ek daaraan kan doen nie

en wat daarvan?

 

© Danie Marais / 2016

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d