Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 2016

Nuwe publikasie: ‘n Hunkering se grein (Johann de Lange)

Hunkering se grein

‘n Hunkering se grein       

Johann de Lange

’n Ryk geskakeerde bundel waarin dié bekroonde digter indringend fokus op temas soos, onder meer, skoonheid teenoor verval, die skoonheid in verval, die troos van die woord en die gedig, die weerloosheid van die lewe en menswees, en die erotiek wat tog so deel vorm van elke mens. Daar is heelwat vernuwende elemente – meer waarneming, meer metafisies en fyner gedraad. Die verse is pretensieloos en daar is geen poging om die leser te beïndruk met ’n verwikkelde verwysingswêreld nie. Eenvoud is die eerste wagwoord, en die tweede is eerlikheid. Dit is ’n bundel wat na baie kante strek, maar wat konsekwent tot die leser spreek. Dit is ’n sensitiewe stuk werk wat vir die ware teksleser oneindige vreugde sal verskaf. ’n Uitstekende toevoeging tot die Afrikaanse digkuns.

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Sy debuutbundel Akwarelle van die dors (1982) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende naak, word met die Rapportprys vir Poësie bekroon in 1990. Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon.

.

Lente is kwastig

.

Lente is kwistig met die kwas:

kyk hoe kwastig dik hy die kammetjies aan

kleurig ry op ry, die blare van die magnolia

.

& die advokaatpeer is blink impasto.

So ver die oog kan knipperkyk

is veld fyn kwaspuntig met kleur ingestippel;

.

met paletmes is berge teen die horison bonkig

geplet en -smee sommerso uit vet verfbuise.

Naderby bak rotse bruinrug, & sonkant

.

waar eerstelig blink op blare van die oleander

brand op rotse loog-as-grys, & roes- & vuurrooi ligeen.

Lente is ’n digter wat daglank palissander.

.

[Human & Rousseau 2016, Prys : R175, Bladsye : 128, Formaat : 213 mm x 137 mm, Sagteband, ISBN-13 : 9780798172998, Epub-ISBN : N/A]

.

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Épater la bourgeoisie
Nini Bennett. ’n Polifoniese simfonie van stemme →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d