Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 November 20168 November 2016

Nuwe Publikasie: Sulamiet (Lina Spies)

Sulamiet                

Lina Spies

Sulamiet
Sulamiet

Sulamiet is Lina Spies se tiende bundel. Lina Spies se oeuvre van 9 bundels laat duidelik blyk dat tussen al dié bundels se publikasies ten minste twee en meesal drie tot vyf jaar verloop het. Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden na die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid.

As sodanig speel dié titel nie net in op die eerste afdeling se liefdesverse nie, maar op die onderliggende tema van die bundel in sy geheel: die herstel van Eden tot die volmaakte tuin wat dit was voor die sondeval. Die groot aantal verse oor verlies van geliefdes deur die dood, emigrasie en vervreemding het sy teenpool in die siklus van seisoene en die wisseling van dag en nag waardeur die mens hom kan versoen met sy eindigheid en sy vreugde aan die lewe kan behou. Musiek is vir die digter by uitnemendheid ’n transendente ervaring wat haar verbind met die goddelike, terwyl Jesus as Joodse rabbi sy grensoorskryding nog waar maak deur buitestanders soos enkelma’s en alleenlopers te bevry tot volwaardige menswees.

Biografiese inligting:

Lina Spies is ’n digter en ’n letterkundige. Aan die Universiteit van Stellenbosch het D. J. Opperman haar mentor geword. Sy studeer ook aan die Vrije Universiteit (Amsterdam) in die Nederlandse Taal- en Letterkunde en promoveer in 1982 aan die Universiteit van Pretoria met ’n proefskrif oor D. J. Opperman. By die US, was sy professor vanaf 1987 tot 1999. (Naledi, 2016. R 175.00; Sagteband • 192 p • 213 mm x 137 mm; ISBN: 978-0-928316-47-6)

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d