Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 December 20163 December 2016

Clinton du Plessis. Die vaderland des aanstoots

Die vaderland des aanstoots

Iewers, tussen lojale patriotisme en digterlike sinisme, staan daar altyd ‘n kaal, gulsige keiser, met voete van klei, met sy gevreet op ‘n banknoot en sy rojale agterstewe in die land se botterbak.

En wee die digter wat hom durf teëspreek.

Vir menige skrywer word die vaderland, of dan eerder, die politieke bestel in sy geboorteland, op een of ander stadium, dit wat weersin wek, wat jou inderdaad soos Opperman instinktief “trots” wil laat rym met “kots.” Hoe gepas het Antjie Krog dit ook nie verwoord nie: “ek wrok volkome.”

In 1999 kruis my paaie met ‘n aantal uitgeweke skrywers. Onder hulle, ‘n aangename, goedige, gentleman, Jack Mapanje – hy lyk vir my heel onskadelik.

Hy kom uit Malawi en was die middelvinger in die stiksienige oog en die hand skrywende teen die muur tydens die bewind van Hastings Kamuzu Banda –  die despoot en lewenslange president. Tydens Mapanje se tyd in aanhouding, word sy springtou waarmee hy fiks bly van hom weggeneem, omdat hy homself (volgens die owerhede) daarmee sou kon beseer.

Mapanje stut sy loop met ‘n kierie, ek is op krukke en later teken hy vir my sy digbundel, Skipping without ropes.

Omslag

 

Hier lees Mapanje sy gedig voor aan ‘n groep leerders.

<iframe width=”340″ height=”90″ src=”https://www.youtube.com/embed/qtyXsEYIhqQ” frameborder=”0″ allowfullscreen></iframe>

 

Nader aan die tuisfront is daar vele voorbeelde van wordkunstenaars se onvrede met die bestel, van tas pak en die vreemde ‘n blyplek probeer maak.

Die digter-dramaturg Vincent Magombe, uit Uganda ( ‘n soldaat het ‘n geweer teen sy kop gedruk, die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie), praat oor hierdie pyn en vervreemding:

“You start forgetting everything. Even the impression of what an African forest is like, the smells, the colours. Your poetry becomes drier and you compensate by making it more combative. But then you worry about writing propaganda.”

Vir my bly een van die mees tragiese verhale van hierdie land, die verloop van die kort lewe van joernalis-skrywer, Nat Nakasa.

Nat Nakasa
Nat Nakasa

Bron:http://www.sanef.org.za/awards/about_the_nat_nakasa_award/

 

Nat Nakasa

 

As alles té veel word

wens jy dat jy vlerke kon groei,

kon vlieg, ontvlug,

weg van ‘n wêreld

waar alles té duidelik is,

waar die skeidslyne

net té helder getrek lê:

swart of wit,

wit of swart.

 

Dan vertrek jy,

hoopvol, sonder paspoort,

met ‘n eenrigting-vat-jou goed-en-trekpermit.

 

New York is anders:

kouer, nie die beloofde Hiernamaal,

die vroue meer koelbloedig, berekend,

bleekblond, serebraal, maar jou vel bly uitroepteken,

wat jou plek, minder subtiel, maar tóg nóg, bepaal.

 

Jy verlang na die knus sjebeens van

Jozi, Sophiatown,

die gladde lyf van die bottel,

die reuk van afval,

met stampmielies en pampoen,

die ritme op die dansvloer,

die wiegende heupe van Afrika,

die tongklap van die taal

van die hartland,

die gehate land,

die hartseerland,

die oop vure,

die broeiende verset

ondergronds brommend soos

die veraf rammel van ‘n donderstorm wat kom.

 

As alles te veel word

in die vreemde,

wil jy vlieg,

selfs sonder vlerke,

terug na ‘n wêreld

waar alles té duidelik is

waar die skeidslyne

net té helder lê:

swart of wit

wit of swart.

 

Jy wik en weeg,

in die venster,

huiwer op die smal balkon,

tussen lewe en dood,

jou woorde stol.

 

Jou geboortegrond

‘n meulsteen

‘n kruis

om jou nek

trek jou snel

aarde

toe, jou lewensboek

slegs 28 bladsye dik.

 

 

Mag die digter hom bly verset teen onreg. Met woorde, soos met bomme.

 

Bronne:

  1. Uittreksel uit onderhoud met Vincent Magombe: http://www.independent.co.uk/arts-entertainment/i-had-never-come-to-a-western-country-before-it-is-good-for-my-writing-1580734.html

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Clinton V. du Plessis. “Hallusinasie – onthou is drogbeelde”

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d