Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 November 201426 November 2014

Clinton V. du Plessis. “Hallusinasie – onthou is drogbeelde”

Hallusinasie – onthou is drogbeelde

 

 

Ek het gidse, aanwysers,  nodig

om my te lei

van die hede na die verlede

die kronkelpad,

 

my onthou en jou vergeet

net, dáár lê die onding.

 

Die ongeskonde era van die heuningby is verby

die bedreigde skoenlapper fladder vlerkverdwaasd in reservate.

 

Die geskiedenis – boesmanrotstekeninge

teen  reuse swartborde van vergeet.

 

Oranje-Vrystaat, waar jy kon kooi slegs met permit

Die Tuisland vir Kaffer om, buite sig, te pik en te spit.

 

Tussen Brandfort

en Die Eiland is die pad glad nie kort

by Verkeerdevlei wag nou ‘n nuwe tolhek

(they paved paradise and put up a parking lot.)

 

Dáár iewers staan die kerktoring penis-orent:

Excelsior se 19

die dominee en die duiwel,

die gróót taboe,

die donker nagmaal

se soet verleiding,

die paal ken geen perk,

die ontrou, oor die tou

trap wat uitloop op

die gróót skaamte,

die slapnekhang aan ‘n tou

die hoer en die hof

die vergryp aan die meid

 

my onthou en jou vergeet

net, dáár lê die onding.

 

Die breë hoofstraat

eens, effe Joods en Portugees,

en nou die vele leë gebou

eens gekaart en getransport aan Kerk

verhuur aan Sanlam en Staat se geheimlike pynpolisie

wat waak oor die dun grys grenslyn

tussen waarheid,

tussen lieg,

tussen bedrieg

tussen máák bieg:

die inkopiesak oor die kop

die ongelaaide pistool se snellertrekfop

die natgepiste vrees van die verganklike vlees

en die verbrande briewe wat die prisonier nooit mog lees.

 

Vensters sukkel ruitloos

om die meeluister te onthou

dit wat eens só ankervas, só seker was

Geloof, Gelofte en Hoop

verval

gesloopte fondamente,

skaam monumente.

 

Al die geykte Afrikaanse idiome kom lê soet, vol genoegdoening in die mond:

 

die wiel draai,

daar’s ‘n wind wat waai,

gogga maak vir baba bang,

die bordjies word verhang,

elke hond kry sy dag,

wie die laaste lag.

 

John Vorster Square – die onvaste greep,

die vervlakste val na die gly op die seep.

 

Die nuwe Opperman

met die merk van die dier

staan trots met die land se leisels

in sy geëlte hand

hy, die Ou Taai Coon,

Koebaai Kanjani,

outa,

Utata,

Ou toppie,

profeet in die buik van die walvis

olike Jorik, kwalik nugter,

wedergebore as Marco Polo,

Raka, Shaka, Koki

mens, Dier, Ding

 

o waar, o waar, is ‘n Baltzhasar of Koot

in die volk se uur van nood?

 

My onthou en jou vergeet

net, dáár lê die onding

 

Janusz, Pools, met geleende pistool

draai sy gesig na die spieël

sien die bebloede lem en die lintwurm.

 

Selfs Derrida dekonstrueer die dooie Thembisile,

die kommunis as postmodernis

daar sit betekenis

laag op laag op laag,

onder die sin se soom

die dood is juis ‘n palindroom.

 

Ons vir jou

laat nou

vir wie koud?

 

My onthou en jou vergeet

net, dáár lê die onding

 

Boelala, my basterboer.

 

 

(c) Clinton V. du Plessis / 2014

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Die ganske wêreld in 140 karakters
Clinton du Plessis. Die vaderland des aanstoots →

3e gedagtes oor “Clinton V. du Plessis. “Hallusinasie – onthou is drogbeelde””

  1. Clinton V du Plessis says:
    1 December 2014 at 08:29

    Breyten en Engela:

    Baie dankie vir die lees en kommentaar, dit word baie waardeer.

    Reply
  2. Engela Geyer says:
    29 November 2014 at 13:19

    Clinton V. du Plessis se gedig’ Hallusinasie – onthou is drogbeelde ‘ skeur reg
    deur die hart.
    ‘My onthou en jou vergeet
    net, daar le die onding’
    Die skitterende gedig maak hierdie digter onsterflik.

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    28 November 2014 at 14:53

    Hierdie gedig ruk oop – ook die ou wonde, die letsels wat te maklik toegesmeer is en nooit ophou sweer het nie, die kuipe van beestelikheid wat nooit skoongespuit is nie, die verspilde bloed wat daar is alhoewel dit veronderstel is om onsigbaar, of erger, verskoonbaar, te geword het. Clinton du Plessis herinner ons daaraan (met woorde soos spieëlskerwe) dat die gedig ook ‘n geheue kan wees, dat jy die klong in die tjalie sal sien lê wanneer jy in die kykglas staar, en dat die drol nog steeds dobber in die drinkwater waarvan die versoeningssjampanje gegis is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d