Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 December 201627 December 2016

Yannis Ritsos – vertaling in Afrikaans

Yannis Ritsos – vertaling deur Melanie Grobler & Waldemar Gouws

 

Twee verse van Yiannis Ritsos (1909-1990)

 

Graderings van Sensasie

 

Die son het gesak, pienk, oranje. Die see,

donker, asuur, groen. Daar ver, ‘n boot –

‘n swart wiegende kol. Iemand

het op sy voete gekom en uitgeroep: “’n Boot, ‘n boot.”

Die ander, by die koffieplek, het hul stoele gelos, en het gekyk.

Daar was ‘n boot, verseker. Maar die een wat uitgeroep het,

asof nou skuldig, onder die streng kyke van die ander,

het sy blik laat sak en in ‘n lae stem gesê: “Ek het vir julle gejok.”

 

Uit: Getuienisse A (1963)

Vertaling deur Waldemar Gouws

*

Onvoltooid

 

Wolke op die berg. Na wie kan ‘n vinger gewys word? Wat? Stil, moeg,

kyk hy voor hom, hy draai om, hy loop, hy buk af.

Die klippe is onder, die voëls is op. ‘n Waterbeker

in die venster. Dissels in die vallei. Hande in die sak.

Voorwendsels, voorwendsels. Die gedig vertraag. Leeg.

Die woord word beteken deur wat dit wou verhul.

 

Uit: Klippe (1968)

 

Vertaal deur Waldemar Gouws uit die Engels van Nikos Stangos

*

 

Die Dans

 

Die tou glip-gly deur sy vaardige vingers

wat hom terug sal neem na die sagtheid

van haar vel, asof dit van haar af kom

die effense labiale reuk wat hom op en uit neem

ʼn klammigheid in die lug wat die klipblinde

man na die lig lei.

Asterios is dood, sy opgefrommelde horing

sy snoet bebloed.  By Delos het hul gestop, Theseus

en die jong Athener om na die altaar van horings te stap

om daar te dans, ‘n onleesbare dans behalwe vir dié

wat reeds die leë meander van die labirint geloop het.

En dit was middag: ‘n skel son, die gloed van hul naaktheid

die glans van herhalings, die verblindende opkoms

van die son, die reuk van dennenaalde en die hiasinte…

Dinge verander: nuwe passies, nuwe dreigemente, nuwe vrese.

Nuwe gevolge ook.  Starend na die opkomende jaar op die strand

van Naxos dink ons nie meer aan Theseus, die Minotaurus of Ariadne nie.

Maar mense dans nog daardie dans, gewone mense

wat sy-skop dans by troues en begrafnisse, kroeë

en by die waak van dodes in kiste, asof hoop en hart

tog kan ontmoet, asof hul hulself uit die duisternis kan dans.

– Yannis Ritsos

(Vertaling: Melanie Grobler. April, 2011)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d