Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 February 201730 January 2017

Gisela Ullyatt. Gedig in vibrocrete

Gedig in vibrocrete

 

Ek:

vroeëperske-bloeisel,

bespieder van vibrocrete heinings;

die bure se boomlose jaart.

Hulle hond howl soos Ginsberg

sonder ’n beat.

Geen kaddisj opgedra

aan die ontwaterde son nie.

Eerder ’n venynige wiegelied.

 

Heilige Here van laerskooldae:

kap my boom nie af nie.

Hoor my pleidooi in kwynende onskuld.

In takke na-droom-dink ek in ekstatiese lig

want wonde ook bome,

hulle dreunsing vir duiwe van ’n ander kleur.

 

Heilige God, if you happen to listen

laat my alles afsterf.

Verlos my en die brak van ons vibrocrete dae.

 

© Gisela Ullyatt / 2017

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gisela Ullyatt. voor ek vertrek

2e gedagtes oor “Gisela Ullyatt. Gedig in vibrocrete”

  1. Gisela Ullyatt says:
    5 February 2017 at 19:20

    Sjoe, De Waal, ek waardeer jou kommentaar baie. Op hierdie afgryslike Sondagaand gee jy my weer moed. Baie dankie!

    Reply
  2. De Waal Venter says:
    3 February 2017 at 11:06

    Ek het dit geniet om hierdie gedig se nuanses en subtiele betekenislae te ervaar. Ek wil nie ‘n analise van die gedig hier kwytraak nie, net ‘n paar aspekte wat my opgeval het.

    Die gebruik van Engelse woorde in die Afrikaanse struktuur werk vir my goed. Dit versterk die gevoel van egtheid, soos die spreker in die gedig haar (?) sterk gevoel uitspreek oor ‘n moontlike jeug wat gekenmerk word deur vibrocrete heinings; dus moontlik ‘n taamlik gemiddelde middelklas woonbuurt.

    Die spreker voel blykbaar verwond en amper getroumatiseer deur haar jeugervaringe in daardie lae-middelklas buurt, want sy vra verlossing daarvan. Dit is iets wat sy seker nooit sal kry nie, want lewenservaringe kan nie vernietig word nie, net tydelik vergeet word.

    Daardie hond wat soos Ginsberg kerm, gee my baie plesier. Nie die getjank van die hond nie, maar die groot stuk kommentaar wat gelewer word met min woorde op Beat Poets en hulle werk.

    As ek die gedig se styl moet tipeer, sou ek dink dit kan nogal vergelyk word met Sylvia Plath se “belydenispoësie”.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d