Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 201715 August 2017

De Waal Venter. Spaanssprekende digters

                                                           Antonio Gamoneda

Hedendaagse Spaanssprekende digters

Deel 2

Antonio Gamoneda

Antonio Gamoneda is in Oviedo, Spanje, gebore in 1931. Hy woon sedert 1934 in León. Hy het meer as twintig digbundels gepubliseer. Die meeste daarvan is saamgevat in die boek “Esta Luz (Hierdie lig), 2004. Hy het hom jare lank selfsensuur opgelê weens die onderdrukkende atmosfeer van die Franco diktatuur in Spanje.

Hier is een van sy gedigte wat die swaarkry, die smart en seerkry van die jare onder die Franco diktatorskap uitdruk. Die gedig is uit Spaans vertaal deur De Waal Venter.

HAY un muro delante de mis ojos.

En el espesor del aire hay signos invisibles,

hierba cuyos hilos entran al corazón lleno de sombra,

Daar is ’n muur voor my oë.

In die dik lug is daar onsigbare tekens,

grasvesels wat die hart, vol skadu’s, binnedring,

ligene in die oorblyfsels van liefde.

Bloedskande en lig. Bepeins die lens wat vroomheid voorafgaan, bepeins die waters:

as ek nie-bestaan sou kon oorsteek sou fonteine van deernis oopgaan

en daar sou blinde mans wees wie se groot hande sagkens sou werk,

maar lafhartigheid is pragtig in my ma se hare en op hierdie muur word stilte geskryf.

Weeklaag in helderheid, hol waarhede:

“Die lewe is niks werd nie / niks is die lewe werd nie”*

Onthou hierdie lied voor jy in my oë kyk;

kyk na my oë wanneer dit sneeu.

Generaal Franco

’n Onbegonne taak?

“Die lewe is niks werd nie / niks is die lewe werd nie”*

Dit is die eerste reëls van ’n lied deur Luis Alcoriza wat die temamusiek was van ’n 1955 Meksikaanse film. Dit lied word gesing deur ’n man wat doelloos van een plek na die ander trek. Hy is ’n alkoholis en sien een hoop vir homself nie.

Die een beeld en metafoor na die ander getuig van die lyding wat die Franco onderdrukking in Spanje ten gevolg gehad het. Die “hart is vol skadu’s”, “Weeklaag in helderheid”, “hol waarhede”. Maar daar is ook elemente in die gedig wat aandui dat alles nie verlore is nie, dat daar hoop is en dat daar deernis is tussen mense: “blinde mans wie se hande sagkens sou werk”. Maar dit kan net gebeur indien die digter “nie-bestaan sou kon oorsteek”. En dit lyk na ’n bykans onbegonne taak.

Sy poësie word gekenmerk deur nuutskeppinge in poëtiese taal. Hy gebruik soms lang, swenkende prosa-agtige sinne gekombineer met kort, skerp liriese insette. Temas wat in sy werk aangetref word is liefde en smart oor die verlies van geliefdes. Die onderdrukkende Franco regime het baie wonde in die Spaanse gemeenskap nagelaat. ’n Vertaler van Gamoneda, Donald Wellman, meen dat sy bundels onder andere “Descriptión” en “Lápidas” ’n baie goeie insig gee in die helingsproses in die Spaanse gemoed wat nog steeds vandag nie heeltemal voltooi is nie.

In ’n onderhoud met Antonio Colinas, gepubliseer in “El Cultural”, vra Colinas vir Gamoneda of hy dink daar is lewe na die dood vir die mens. Die digter het geantwoord:

“Nee, Antonio, daar is blykbaar geen voorsiening vir die voortsetting van lewe na die dood nie. Ek dink ons moet dit anders sien: in ’n verklaarbare persepsie, in ’n subjektivering wat nie eksistensieel sal bestaan nie, voel ek myself as ’n wese wat, hoop ek, die dood sal verbysteek.”

’n Groot taal

Spaans word deur ongeveer 332 miljoen mense wêreldwyd gepraat. Behalwe in Spanje is Spaans ook die amptelike taal in ’n groot getal Suid-Amerikaanse lande. Daar is ook groot Spaanssprekende gemeenskappe in lande soos Kanada en die VSA.

Digkuns is baie lewendig in die Spaanssprekende wêreld en daar is talle digters in hulle geledere wat poësie van groot waarde en trefkrag skryf. Laat ons onsself deur hulle verryk!

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d