Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 July 201710 February 2020

Karen Kuhn. Hekse in Pole

‘n Braai in Chwaliszewo op die oewers van die Warta wat hier deur Poznań op ‘n Sondag in die somer vloei.

Hier, waar daar op Sondag 24 Mei 1511, skemer; ‘vetula combusta [est] in campo extra oppidum Valischewo –  ‘n heks in die veld buite die dorpie van Waliszew of Chwaliszewo gebrand is’. Op die 5de Sondag na Paasfees vind die eerste teregstelling van ‘n vrou skuldig aan heksery in Pole plaas. Daar is egter geen rekord van die verhoor nie en min kennis van die beskuldigde heks se misdaad. Al wat wel bekend is, is dat sy aangekla is vir die vernietiging van verskeie brouerye deur haar toorkuns. Vermoedelik die gis bederf. Laasgenoemde inligting is opgeteken in die geskrifte van ‘n lastersaak in die kerk se hof in Poznań. ‘n Inwoner van Chwaliszewo het ‘n priester van die teregstelling ingelig, waarop daar geantwoord is: “Alle inwoners van Chwaliszewo moet gebrand word”. Die priester het in die hof verduidelik dat hy bloot ‘n grap gemaak het en die saak is uitgegooi.

Ongeveer 50 000 mans en vrouens is veral tussen die periode 1580 – 1620 in Europa vir heksery tereggestel. In Pole was die teregstelling van hekse ooreenkomstig met die res van Europa; beskuldigdes (meestal vrouens) was aangekla vir die gebruik van die duiwel se magte om bonatuurlike veranderinge te beïnvloed, inkantasies, veroorsaking van siektes, impotensie en aborsies, verandering in die weer, die doodmaak van beeste, die gebruik van kruie, ens. Maar in Poolse gevalle was dit raar dat die beskuldigde deur ‘n prokureur of enigiemand verteenwoordig was met die gevolg dat teregstelling in 90% van alle gevalle uitgevoer is. Dié doodstraf se morele outoriteit berus op die Bybelse teks, Eksodus 22:18 – “’n heks mag jy nie laat lewe nie” en is ook dikwels in die hof aangehaal. Meeste van die verhore vind in die Wielkopolska area, waarin Poznań geleë is, plaas. In 1776 bring Koning Stanisław August Poniatowski ‘n wettige einde aan die marteling en verhoor van hekse in Pole, alhoewel die fenomeen van ‘die swem van ‘n heks’ steeds plaasgevind het. Die beskuldigde se vingers is aan teenoorgestelde tone vasgebind en in ‘n dam of rivier gegooi. Indien die persoon gesink het, was hy/sy onskuldig.

Die kunstenaar Alicja Biała se uitstalling; Die Heks van Chwaliszewo (Czarownica z Chwaliszewa) is ‘n reeks illustrasies wat handel oor die 1511 teregstelling en word vergesel met fragmente van Die Hekse Koor (Chór Czarownic) se lirieke. Ewa Łowżył se inisiatief om ‘n ‘klein en smaakvolle’ monument op te rig tot eer van die naamlose vrou wat hier op ‘n stapel verbrand is, is onderweg.

So braai ons Julie in Chwaliszewo op ons oewers saam hekse op ‘n Sabbat met die Warta wat hier verby Poznań loop.

 

Oor spel

 

Om nie eens van hekse

in Pole te praat,

toemaar sjuut

Czarownica[1]

sneeu in haar nek

smelt steeds

Śnieżyć[2] sjuut

oor ingebrande

korrels peper

Pieprzyki[3] sjuut

sy prik steeds

in ‘n sestet

Róża[4] sjuut

sy vee steeds soms na 12

haar stiletto en al

in ‘n hoek in

Dopasować[5] sjuut

haar oë toor steeds

jou van jou voete

tot in haar stapel in

Zapalić[6] sjuut

steeds los sy vir jou

in die slot

Klucz[7] sjuut

en nooit ooit haar spel

uitspreek of sin maak

Zrozumieć[8],

toemaar sjuut-woorde

roep steeds hekse

in Pole op.

Bibliografie:

halaczkiewicz.eu: Przemysław  Hałaczkiewicz (Ontwerp) [Julie 2017]

https://witchcraftinpoland.files.wordpress.com/2013/05/centraleurope-article-complete-2003.pdf.   [Julie 2017]

http://www.alicjabiala.com/ [Julie 2017]

Ostling, M. 2011. Between the Devil and the Host: Imagining Witchcraft in Early Modern Poland. Oxford: Oxford University Press.

 

[1] heks

[2] sneeu

[3] moesie

[4] roos

[5] aanpas

[6] vlamvat

[7] sleutel

[8] begryp

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d