
Radbraak
Jolyn Phillips
Radbraak is Jolyn Phillips, kortverhaalskrywer van Tjieng tjang tjerries, se digdebuut in Afrikaans. In dié digbundel verbrokkel sy taal, draai sy die rug op haar vel-taal, pleeg sy ‘radbraak’ op haar eie taal.
Dit is die enigste medium wat sy het, maar sy breek dit, sy vernuwe dit, sy ‘ont’taal dit. Phillips is ’n nuwe stem in Afrikaans – by tye liries maar deurgaans skreiend en ook uitdagend.
Volgens die bekroonde digter Petra Müller is Radbraak ’n ‘klein aardbewing van ’n bundel. Hierdie skrywer het die engel in die klip beet.’
my ma in C-majeur
.
sy het net haar stem
wat uit haar hande sing
die nette stitch
do
re
mi
fa
never-ending
so
la
ti
do
sing sy uit haar hande
my ma laat my dink aan see-majeur
sonder sharps of flats
die maklikste die mooiste
omdat dit so skoon is
sy fluit die vis tot byt
haar vel gee ’n kernstemming op A vir die son
vir die golwe want haar seun fluit êrens
sy hoor sy do re mi fa woorde geskepe vir haar
[Human & Rousseau, 2017, Prys : *R180, Bladsye : 64. ; 234 mm x 152 mm, Sagteband, ISBN-13 : 9780798176163.]
