Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 August 2017

Nuwe publikasie: Nou-hier (Corné Coetzee)

nou-hier

nou-hier

Corné Coetzee

Dié hoogs afgeronde digdebuut van Corné Coetzee is ’n opwindende gebeurtenis in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Coetzee het ’n sonderlinge styl en toonaard. Op die oppervlak roer daar ‘n oënskynlike eenvoud, maar onderliggend is ’n web van deurdagtheid versteek. Volgens een keurder word die gedigte veral gekenmerk aan ’n fyn balans tussen emosie en mymering/waarneming – iets wat herinner aan sommige historiese digkunsvorme uit Japan en China. Coetzee put uit die wêreld van die huisvrou, die groei en verbrokkeling, vreugde en pyn van verhoudings, die Boeddha, die omgewing en die hier-en-nou soos gesetel in die durende gang van lewe en dood.

Hoogsomer

.

Wat sou ons gemaak het

as ons geweet het,

daardie volmaakte Februariemiddag,

dat die laaste vy ryp geword het

en die eerste blaar

sel vir sel sy skeidingslaag begin bou het?

’n Mens is tog geen vyeboom nie

’n Mens kon tog plan gemaak het

Biografie:  Corné Coetzee het in Pretoria grootgeword en in biblioteke gewerk voordat sy joernalis, teaterresensent en subredakteur geword het. Ná kinders het sy begin tydskrifartikels skryf oor veral die omgewing. Sy het in 2015 ’n MA (kreatiewe skryfkuns) by Tukkies voltooi. Sy woon saam met Hans Pienaar en een van hul dogters in Johannesburg.

(Human & Rousseau, 2017. Prys : R200, Bladsye : 64, Formaat : 234 mm x 152 mm,  Sagteband. ISBN-13 : 780798176200, Epub-ISBN : N/A Mobi-ISBN : N/A)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Onderhoud met Corné Coetzee (nou, hier) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d